|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Die Suid-Afrikaanse wattelbedryf gaan gedereguleer word ingevolge 'n eenparige besluit van afgevaardigdes op 'n spesiale kongres van die SA Wattelwerkers-unie verlede week in Pietermaritzburg.
Produsente kan nou saamgesnoer word in die Wattelwerkersvereniging, 'n organisasie waarvan 'n nuwe grondwet ook eenparig goedgekeur is.
Op die kongres is ook besluit dat die Wattelwet geskrap word en die ooreenkoms tussen die kwekers en verwerkers opgeskort moet word.
Die geld wat van kwekers gehef is en aan die Wattelraad geleen is, moet aan die kwekers terugbetaal word.
Die SA Wattelkwekers-unie gaan dus ontbind. Alle bates en laste en erelidmaatskap van dié unie moet nou na die nuwe werkers-unie oorgedra word en alle lede van die unie word outomaties lede van die nuwe organisasie.
'n Nuwe raad is ook gekies. Die raadslede is mnre. Ian Henderson, Wellington Gcumisa, Jack Mason, Philip Day, Willie Gebers en Martin Johannes.
Mnr. Mason, voorsitter van die kwekers-unie wat nou ontbind, het gesê die nuwe struktuur hou net soveel belofte vir die bedryf in as die lang, suksesvolle geskiedenis van sy voorganger.
Die bemarking van wattelprodukte sal deur 'n nuwe sentrale koöperasie, Mimosa, gedoen word. Mimosa sal ook verantwoordelik wees vir navorsing en ontwikkeling.
Die resultaat van die herstruktuering van die bedryf behoort dit vaartbelyner en doeltreffender te maak, sonder dat dit bemarking, navorsing en ontwikkeling benadeel.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24