Deur ALANI JANEKE
22 Mei 2012

793 keer gelees | 1 kommentaar

Die skaarste van weiding is besig om in ’n krisis te ontaard. “Dit gaan ’n bitter lang winter wees” sê die Vrystaatse RPO en Agri Noordwes.


Die skaarste aan weiding is besig om in ’n krisis te ontaard. “Dit gaan ’n bitter lang winter wees” sê die Rooivleisprodusente-organisasie in die Vrystaat (VSRPO) en Agri Noordwes.

Mnr. Cor van Vuuren, voorsitter van Agri Noordwes, sê weiding is tans baie skaars en baie duur.

Hy sê die reënval van die afgelope seisoen was nie genoeg om die honderdduisende hektare veld wat verlede jaar in veldbrande in die provinsie in die slag gebly het, te laat herstel nie. Verder het die reën wat plek-plek voorgekom het, tot droogtes en swak weiding in sekere dele gelei.

“Dit is ’n wesenlike probleem en baie boere ly daaronder,” aldus Van Vuuren. Dele in die Kalahari in Noordwes het wel tot 500mm reën aangeteken, en Van Vuuren sê weiding in dié dele lyk baie goed.

Kleiner kuddes
Intussen sê mnr. André Ferreira, voorsitter van die VSRPO, die aankoop van voer vir diere is tans weens die hoë pryse nie ’n uitweg wat baie boere oorweeg nie. “Die oplossing wat baie boere volg, is om hul kuddes te verklein, en dít veroorsaak verdere kommer oor vleispryse aan boere.”

Hy sê die enigste deel met goeie weiding in die Vrystaat is die omgewing suid van Edenburg tot by Aliwal-Noord. “Die oostelike en westelike dele het bitter min weiding. Die weiding lyk baie, baie sleg. Dit gaan ’n bitter lang winter wees.”

Vleispryse aan boere het die afgelope paar maande drasties gedaal. Ferreira sê ’n boer kry tans sowat R1 500 minder per kalf vergeleke met verlede jaar se hoë pryse. Die prys per kilogram vir ’n speenkalf is tans sowat R15,30.

“En dit bekommer ons steeds dat die kleinhandel dié dalings nie aan verbuikers deurgee nie, maar in sommige gevalle selfs hul pryse opstoot!”

22 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


SFS

2012/05/22 08:50:08 AM

Vir die manne wat bekommerd is oor weiding ,gaan kyk gerus na www.sproutfeedingsystems.co.za vir n oplossing. Ons het die boere in Namibia al uit donker tye gehelp.SFS Span

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights