|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Die Samic-slagveekompetisie is die jaar in Boshof by die Boshof Rooivleis Ekspo aangebied. Mnr. Riaan Jacobs van Christiana het weer die eerste prys in die beesafdeling enkelkarkas voor sy mededingers weggeraap.
Mnr. Andrie de Kock van Boshof was tweede en Kruger Voerkraal van dieselfde dorp het die derde prys behaal. Vir groepkarkasse het de Kock met die louere weggestap en ook die tweede plek behaal. Mnr. Broer de Waal was derde.
In die skaapafdeling het mnr. Louis Badenhorst van Dealsville in die enkel lamkarkas-afdeling eerste en tweede plek behaal. Hy het behoorlik uitgehaal en gewys en het ook die tweede plek in die groepkarkas-afdeling verower. Jackman Boerdery van Hertzogville het die eerste prys hier gewen. Goodhope Trust Boshof het die derde plek behaal.
Badenhorst het ook die kampioenlam en kampioen groep lammers ingeskryf. Die reserwe kampioenlam is deur mnr. Nardu Erwee gewen terwyl mnr. Derrick Euvrard van Dealesville die reserwe kampioengroep verower het.
Vir beeste op die hoef het die kampioen- sowel as reserwekampioenkalf aan mnr. Gert Blignaut behoort, die kampioengroep aan mnr. Broer de Waal en reserwe kampioengroep ook aan Blignaut.
8 September 2008
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24