|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
‘n Plaasvoorman is as ‘n held beskryf nadat hy glo geweier het om sy werkgewer se huissleutels vir aanvallers te gee.
Luidens ‘n berig op Nuus24.com het die aanvallers die 39-jarige mnr. Samuel Chaba en sy 37-jarige vrou, Maria, onderskeidelik in die hand en been geskiet.
Die voorval het Maandagnag (10 Oktober 2011) in die Oos-Vrystaat plaasgevind. Die egpaar is kort voor middernag deur vier mans met klapmusse in hulle huis op die plaas Grootverwulf aangeval. Chaba het wakker geword toe die groep die huis se voordeur oopgebreek het.
Die groep het aangedring daarop dat Chaba die sleutel van die hoofhuis, waar me. Marianne Conlyn – ‘n bekende in Suid-Afrika se perdekringe – geslaap het, vir hulle moet gee. Hy het geweier om dit, asook selfone aan die rowers te gee, en hulle het hom na bewering in die hand geskiet. Sy vrou het daarna die kamer binnegekom en is glo summier in die kuit geskiet.
Ontvlug van aanvallers
Chaba is toe vasgebind en na die hek van die hoofhuis gebring, waar hy gedwing is om dit oop te maak. Hy kon daarin slaag om van die aanvallers te ontvlug, weg te kruip en vir Conlyn te bel.
Sy het die ligte van die hoofhuis aangeskakel, en die honde het begin blaf. Die aanvallers het toe glo op die vlug geslaan. Conlyn het ‘n vriend gebel, wat die bure en die polisie ontbied het. “Ek het nog nooit sulke omgee beleef nie.”
Volgens Conlyn het byna al die boere in die omliggende omgewing hulle na die plaas gehaas om te help en sommige is die berg in om na die aanvallers te soek. Die groep het glo oor die Lesotho-grens gevlug. Die aanvallers het vermoedelik die huis voor die aanval dopgehou.
Chaba en sy vrou is in ‘n hospitaal op Bethlehem behandel. Sake van poging tot moord word ondersoek.
Bron: Nuus24.com
12 Oktober 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Mense ons moet saamstaan dat die doodstraf weer ingestel nie, dit word nou al erger soos mense doodgeskiet, vermoor, verkrag en besteel word. Dit sal nog baie erger word en sal nie stop nie. Al wat weer sal help is die doodstraf en dit is al.
Hierdie volksmoord sal net geduld word tot op 'n punt! Moet dan nie huil as die huidige onderdruktes terug druk nie....
Hierdie is n bewys van hie boere vandag hule werkers behandel ek het ook sulke mense by my op die plaas wat vir hul lewe sal veg om my en my vrou sin te beskerm. welgedaan aan daardie plaaswerker. HENNIE VISSER
Chaba is 'n champion gee hom 'n medalje.
Dit is uiters onstellend om te sien hoe min werd mense se lewens geword het sedert ons regstelsel in duie gestort het. Douw Brummer, boer van dwaalboom distrik Thabazimbi is ook verlede nag wreed vermoor op sy plaas deur vermoedelike werker van hom. En met sy eie wapen soos verneem word in sy agterkop geskiet. ons almal sal hom mis en bid vir sterkte van bo vir sy familie.
dit noem jy mos n betroubare plaaswerker wat jou duur dik en dun sal by staan. mag daar nog vele sulke mense daar buite wees
Bring terug die kommandos
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)