Werksverliese in die landbou tussen die eerste en tweede kwartaal vanjaar staan op 32 000 met verdere verliese wat verwag word, sê ekonome.
Volgens Statistieke SA se jongste arbeidsyfers het indiensneming tussen die twee kwartale met 61 000 poste afgeneem en staan die algemene werkloosheidskoers op 32,8%. Vir die eerste ses maande van die jaar word werksverliese op 232 000 gereken.
Geen verrassing
Dr. John Purchase, bestuurshoof van die Landboubesigheidskamer (LBK), sê hy is nie verbaas oor dié daling nie. “Dit is verstaanbaar met die druk waaronder pryse tans is, veral met lae internasionale kommoditeitspryse, asook die ekonomiese druk wat sekere sektore in die bedryf ervaar. Die wynbedryf is onder druk, so ook die vrugte-, graan- en melkbedryf. Ek dink dinge lyk ‘n bietjie beter in die vleisbedryf.”
Purchase meen die daling is ook ‘n teken dat die wêreldwye ressesie ‘n vertraagde uitwerking op die landbousektor het.
Druk gaan oor die korttermyn voortduur
‘n Styging in arbeidsyfers in die landbousektor gaan nie vinnig gesien word nie, meen Purchase.
“Ek dink nie ons gaan in die korttermyn ‘n vinnige ommekeer hier sien nie. Daar is teveel ondersekerheid in die mark rakende die herstel van die resessie en die landbou gaan nog vir ‘n tyd lank onder druk bly.”
28 Julie 2010
Kommentaar
Die verblyfregwet het veroorsaak dat boere nie meer mense aanstel en verblyf gee op hul plase nie. Soos die mense trek en weg gaan van die plase, word hul nie vervang nie. Om een groep te beskerm, het veroorsaak dat die meerderheid sonder werk sit. Nog 'n wet wat teruggeplof het.
Daar was baie mense wat vir histories en sentimentele redes maar aangehou was as werkers in die landbou en dit is net nie meer moontlik nie.
Jy hoef nie verder as die huidige kragpryse te kyk om nóg 'n rede vir afleggings te soek nie. As iemand diens verlaat, word sy/haar plek net nie weer gevul, tensy dit noodsaaklik is nie! Huise staan eerder leeg of word platgestoot, want die boer is nie meer baas op sy eie plaas nie.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)