Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Wes-kaap-druiwe-ly-nie-onder-hitte

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 23:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wes-Kaap: Druiwe ly nie onder hitte

 
Deur ALANI JANEKE

Druiweboere verwelkom die hitte wat tans in die Wes-Kaap voorkom, en kenners sê dit is baie goed vir onder meer kleurvorming.

Dr. Eben Archer, ’n wingerdboukundige en navorser by die Nietvoorbij-navorsingstasie en die Universiteit Stellenbosch, sê temperature van tussen 30 grade Celsius en 35 grade Celsius is goed vir die druiwe in die huidige groeistadium.

Archer sê oeste kan wel benadeel word as temperature van 40 grade Celsius of hoër vir langer as sewe dae aaneen voorkom. Mnr. Beyers Truter, voorsitter van die Pinotage-vereniging, sê druiwe word tans teen die hitte beskerm, want die meeste daarvan sit onder blare.

Van Landbouweekblad se Facebook-gebruikers het hierdie week tot 46 grade Celsius aangeteken. Mnr. Wynand Haasbroek sê die kwik het Maandag (16 Januarie 2012) in die Paarl op 46 grade Celsius gaan draai, terwyl me. Elna Dreyer van Malmesbury 45 grade Celsius aangeteken het.

Beplanning
Truter sê hoewel dié tyd van die jaar gewoonlik warm is in die Wes-Kaap, moet boere sorg dat hulle goed voorbereid is vir hittegolwe.

“Die regte wingerdpraktyke en bestuur van water is baie belangrik. Jy moet goed genoeg ingelig wees oor wat die weer kan doen, sodat jy jou wingerde kan besproei vóór die hitte toeslaan.”

Hy sê die blare maak wel toe op temperature van 36 grade Celsius en hoër. “Druiwe wat te warm kry, hou op om suiker te produseer, en begin inkrimp.”

Volgens Truter word ’n baie goeie oes dié seisoen verwag, hoewel die korrels wat tans aan die wingerde hang, klein is. Die eerste druiwe word in die tweede week van Februarie geoes. Die oestyd duur tot einde Maart.

17 Januarie 2012

4
 
 
  • 830 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Dagsê
  • Oppiplaas: Nuwe program op Kyknet
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction