Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Wetenskap-lei-di-boer

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 23:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wetenskap lei dié boer

 
THEUNS BOTHA

Die Oos-Kaap se landbouskrywers se Boer van die Jaar het nie net 'n fyn aanvoeling vir Merinoskape nie. Hy span ook die wetenskap in om sy kudde te verbeter. Met 'n besoek aan sy plaas in die Stormberge is hy oor 'n paar brandpunte in die wolbedryf gepols.

Diegene na aan mnr. John Stretton (58), die Oos-Kaapse tak van die Landbouskrywers Suid-Afrika se Boer van die Jaar vir 2005, beskryf hom as 'n leier wat nooit voorskriftelik is nie, maar eerder leiding probeer gee deur die voorbeeld wat hyself stel. In die kleinveebedryf is hy ook bekend vir sy passie om die wetenskap in te span om kuddeverbetering teweeg te bring.

Met die besoek aan sy plaas, Strydfontein, in die Molteno-distrik was dit gevolglik nie vreemd om hom en sy vrou, Lynne, in die kraal aan te tref waar hulle besig was om jaar oue ooitjies te weeg en vir hul plooitelling punte toe te ken nie.

Stretton, wat bykans 40 jaar in die Stormberge boer, is een van die land se pioniers op die gebied van groepteling. Hy was 'n stigterslid van die Vereniging vir Wolskaap-prestasietelers in 1986 (waarvan hy nog die voorsitter is) en het ook 'n leidende rol in SA Stamboek en die SA Federasie vir Groeptelers gespeel.

"Toe ek begin boer het, het ek nie net 'n plaas met Merino's geërf nie, maar ook 'n stelsel. My pa was 'n man met 'n streng roetine as dit by skape gekom het. Dit was dus nie moeilik om die boerdery gedissiplineerd te benader nie, maar 'n uitdaging om die stelsel verder te verfyn."

Stretton, wat met nagenoeg 3 500 Merino's en 500 Stormbergerbeeste boer, is fanaties as dit by aangepaste diere kom. Die sowat 1 000 ooie lam jaarliks in Oktober op die veld. Dié wat klaar gelam het, word vir net sowat 'n maand op groen weiding (hawer en rog) of op droëlandlusern oorgeplaas voordat hulle weer op die grasveld moet klaarkom.

Sy toetrede tot die stoetbedryf was 'n uitvloeisel van sy betrokkenheid by een van die eerste groepteelskemas wat in die land tot stand gekom het. As groeptelers wat hul eie ramme begin teel het, het stoere Merinostoettelers oor dié nuwe praktyk in hul midde gefrons. "Ek het egter besef dat dit nie sou help om daarop aanspraak te maak dat groeptelers iets beet het as ons nie ook ons skape regstreeks teenoor stoetvee kon meet nie. Gevolglik het ek besluit om aan Merino SA se Nasionale Nageslagtoetsskema deel te neem."

Ofskoon dié groepteelskema, Top Tier, waarvan hy die bestuurder was, ná 20 jaar besluit het om te ontbind, meen Stretton steeds dat dit 'n waardevolle doel gedien het. "Met die koms van BLUP het ons groeptelers egter besef dat dit sinneloos sou wees om met 'n skema voort te gaan omdat daar nou 'n beter manier was om voortreflike diere te meet. Dit beteken egter nie dat BLUP as die alfa en omega van kuddeverbetering beskou moet word nie. Hoewel dit 'n baie nuttige instrument vir telers is, is daar nog altyd plek vir gesonde oordeel," merk Stretton diplomaties op nadat hierdie onderwerp verlede jaar weer vir lewendige bespreking op Merino SA se jaarvergadering gesorg het.

"BLUP is ook net so betroubaar as die integriteit waarmee die metings geneem word. Daar moet altyd in gedagte gehou word dat al lewer 'n vaar uitstekende prestasietoetssyfers, dit nie noodwendig beteken dat hy ook die beste ram vir 'n betrokke kudde sal wees nie. Dit is hier waar 'n boer se gesonde oordeel inkom om, ongeag die ram se prestasie, self te besluit wat in sy omstandighede die beste sal wees."

Gevra waarom BLUP nie in Australië inslag gevind het nie as dit so goed is as wat hy dit voorhou, meen hy dit kan te wyte wees aan die skaarsheid van arbeid daar. "Prestasietoetsings verg baie man-ure. Elke dier moet geweeg en met 'n oorplaatjie geïdentifiseer word. Wanneer een man, soos in Australië dikwels die geval is, na meer as 8 000 diere in 'n trop moet omsien, is só iets nie altyd moontlik nie."

Stretton, wat die eerste keer in 1988 tot die raad van Merino SA verkies is en in September verlede jaar as voorsitter uitgetree het ná 'n dienstermyn van vyf jaar, ontken dat daar 'n gebrek aan fokus in die telersgenootskap is.

"Oor die jare was Merino SA nooit voorskriftelik teenoor sy lede nie. Selfs toe die vereniging in 1937 gestig is, was daar telers wat hulle 50 jaar vantevore met stoetteling besig gehou het. In teenstelling hiermee is die ander wolrasgenootskappe eers volgens bepaalde reëls en doelwitte gestig waaraan lede moes voldoen voordat hulle daarby kon aansluit.

"Merino SA word dikwels gekritiseer dat hy nie rigtinggewend is nie. Wat egter vergeet word, is dat die ekonomiese toestande wat op 'n bepaalde tydstip heers, die rigting bepaal waarin daar beweeg word. In die 1970's was dit mode om sterker wol te produseer. Daar was egter Merinotelers wat teen dié neiging geskop het. Hulle het die vrugte van hul besluit gepluk toe die mark in die 1990's in die rigting van fynwol geswaai het. As ons voorskriftelik was, kon alles vir die bedryf verlore gewees het. Merino SA se krag lê juis in sy diversiteit. Met die pryse van wol en skaapvleis op hul heersende vlakke en die geringe verskil tussen 18 mikron en 22 mikron wol, is dit weer die telers wat 'n grootraamskaap met minder wol produseer wat glimlag. Wie sê egter die pendulum gaan nie weer oor 'n jaar of twee in die ander rigting swaai nie?"

Ofskoon hy nie sy siening op verhoë uitbasuin nie, is hy duidelik ook nie iemand wat op hom laat trap nie. "Ek is al dikwels as 'n rebel uitgemaak, maar ek glo ook dat almal nie in dieselfde rigting hoef te dink nie. Trouens, as daar nie meningsverskille tussen mense is nie, sal daar ook nie sinergisme wees nie en kan jy jou maklik in 'n situasie bevind waar almal oor die afgrond spring."

Oor sy aanwysing as Oos-Kaapse Boer van die Jaar is Stretton beskeie. "Dit is 'n groot eer, maar daar is baie ander boere in die provinsie wat net sowel as wenner aangewys kon word. Die pers speel 'n groot rol om menings te beïnvloed. Ons is gelukkig om in Suid-Afrika 'n verantwoordelike landboupers te kan hê, al skryf hulle nie noodwendig oor sake wat almal pas nie.

"Boere moet aanvaar dat die landbou lankal nie meer, soos 30 jaar gelede, sagkens deur die Regering van die dag bejeën word nie. Dit beteken egter nié dat daar nie nog blink geleenthede in die landbou is nie. Hoewel ek daarop aangedring het dat my seun hom eers vir 'n ander beroep moes bekwaam voor hy kom boer, glo ek dat hy ook, soos almal voor hom op Strydfontein, 'n sukses van die boerdery kan maak." Só sê Stretton wanneer hy een van die miniatuurskapies in sy versameling, wat van alle uithoeke in die wêreld kom, in die rakkie regskuif.

Stoettelers het 'n verpligting
As daar één saak is wat die andersins saggeaarde mnr. John Stretton se bloeddruk opjaag, is dit die feit dat die pryse wat vir Merinoramme betaal word soms die resultaat van manipulasie is.

"Boere is nie dom nie. Hulle weet wanneer dit gebeur en ongelukkig is dit iets wat die bedryf baie skade kan berokken."

Hy meen daar rus 'n verantwoordelikheid op die skouers van stoettelers om, ongeag die teelrigting wat hulle inslaan, te verseker dat die ramme wat hulle aan hul klante beskikbaar stel ook in die klante se omgewingtoestande sal gedy.

"Hoewel kopers 'n ram in 'n mooi 'verpakking' wil sien, moet telers daarteen waak om dit nie só te oordoen dat die 'inhoud' 'n teleurstelling sal wees die dag as die 'pakkie' oopgemaak word nie."

Stretton is verlede jaar as die Oos-Kaapse tak van die Landbouskrywers Suid-Afrika se Boer van die Jaar aangewys. Hy sê daar moet aanvaar word dat die heersende wolpryse 'n deurslaggewende invloed op die gewildheid van Merino's het. Gelukkig het die gesoute telers oor die jare geleer om met die wispelturigheid van die mark saam te leef.

Rondom nouer samewerking tussen Merino SA en die ander wolrasgenootskappe sê hy dat hoewel daar deesdae min verskil tussen 'n prestasiegetoetse Merino en 'n Dohne-Merino is, het laasgenoemde in Australië baie gewild geword.

"Nie omdat hulle deels uit die Merino geteel is nie, maar omdat die naam 'n bepaalde tipe identifiseer. Ek dink nie die Dohne-Merinomanne sal baie geneë wees om hul ras se naam prys te gee nie."

Hy is bekommerd oor die lae wolpryse. Hy twyfel egter of die volgehoue bevordering van dié vesel ná die ontbinding van die Internasionale Wolsekretariaat 'n noemenswaardige verandering aan die situasie sou maak.

"Selfs in die jare wat daar wêreldwyd miljoene rande aan promosieveldtogte bestee is, was daar ook tye dat wolpryse laagtepunte bereik het. Daar is duidelik ook ander faktore wat die mark beïnvloed en wat nie noodwendig deur bevordering ongedaan gemaak kan word nie," sê Stretton, wat ook lid van Wol SA is.

17 Februarie 2006

0
 
 
  • 1714 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • My liefde vir die platteland !
  • Etiket vir ‘n plaaskuier
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction