|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Die nasionale belasting betalersvereniging toon groot belangstelling om 22 leë geboue van Eerste Nasionale Bank (ENB) op plattelandse dorpe oor te neem.
Dit volg nadat die bank onlangs 31 takke op dorpe in die Vrystaat en Noord-Kaap gesluit het.
Luidens ‘n berig op Fin24.com het ENB glo besluit om die verkoop van dié 22 geboue as een transaksie te adverteer. Mnr. Steve Higgings, ‘n woordvoerder vir ENB, sê miskien sal ‘n kleinhandelgroep in die land daarin belang stel om die geboue te koop.
Belastinbetalersvereniging stel belang
Intussen sê mnr. Jaap Kelder, voorsitter van die nasionale belastingbetalersvereniging, hulle het ‘n tender ingedien om die geboue te kan koop.
“Ons wil spaar- en kredietkoöperasies in dié geboue vestig. Die eerste van dié koöperasies maak Maandag op Ventersburg op ‘n tydelike perseel oop, en ons hoop dit kan na die ou ENB-gebou skuif as ons tender aanvaar word,” sê Kelder.
Standard Bank oorweeg glo die moontlikheid om sy sakebelange op die platteland uit te brei. Mnr. Ross Linstrom, ‘n woordvoerder vir Standard Bank, sê die bank is nie van plan om enige van hulle plattelandse banke te sluit nie, inteendeel kyk dié groep na verbeterings aan sy banke op klein dorpe.
Mnr. Carl Fisher, Capitec Bank se direkteur van bemarking, het aan Landbou.com bevestig dat hulle nie van plan is om die geboue te koop nie. “Die tegnologie waarmee ons banke werk is meer gesofistikeerd as dit wat die geboue bied. Ons oorweeg wel moontlike uitbreiding na plattelandse dorpe.”
Bron: Fin24.com
13 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Gee dit vir die minister, anders vat sy in elk geval 40%.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)