|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Goeie reën is wel ná die Paasnaweek op enkele plekke in die winterreëngebied gemeet, maar Maandag en Dinsdag het die eerste noemenswaardige reën oor die hele gebied geval.
Hoewel die meeste boere vroeër vandeesmaand in die droë grond begin plant het, is daar heelparty wat nou nog besig is om die laaste gewasse te plant.
Mnr. Joos Badenhorst van die plaas Langvlei in die Napky, wat verlede jaar van April tot September net 90 mm reën gekry het, het vandeesmaand reeds 53 mm gekry. Hy sê dié week se reën het redelik wyd geval. Volgens hom is van 30 mm tot 40 mm reën by Bredasdorp gemeet.
Verlig oor reën
Nog ’n boer wat baie verlig is oor die afgelope paar dae se reën, is mnr. Frehan Bester van Skilpadsvlei. Hy het 22 mm gemeet, maar sê dat van sy bure van 30 mm tot 40 mm gekry het.
Verder noord, buite Clanwilliam, op die Nardouwsberg, het mnr. Jan Brand van die plaas Brakfontein 30 mm reën gemeet.
Die winterreëngebied van die Noord-Kaap het ook goed reën gekry. Mnr. De Graaff Genis van die plaas Brakkies, buite Kamieskroon, het teen Woensdagoggend 48 mm gemeet, terwyl 38 mm op ’n buurplaas gemeet is.
Kliek hier vir 'n voorspelling van die volgende twee weke se weer.
26 Mei 2011
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)