Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Wisselkoers-kan-help-n-knou

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 23:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wisselkoers kan help én knou

 
Deur ALANI JANEKE

Die wisselkoers wat die rand teenoor die dollar handhaaf, is goeie en slegte nuus vir die landboubedryf, sê mnr. Tony Twine, ’n ekonoom van die Econometrix-groep.

Met die rand wat Vrydagoggend (23 September 2011) op R8,41 teenoor die dollar was, meen Twine dat uitvoerders en uitvoerprodusente ’n ruk lank verligting kan verwag.

“Dit beteken egter nie alles is nou klopdisselboom nie, want dié wisselkoers gaan hulle op ander plekke byt,” sê Twine. Die wisselkoers is ’n teken dat die wêreldekonomie weer ’n afswaai beleef. Twine meen dit kan op sy beurt weer daartoe lei dat Suid-Afrika uitvoergeleenthede inboet.

’n Vlak van R7,50
Twine sê die verswakking van die rand is ’n regstreekse gevolg van die invloed van gebeure in Amerika en Europa op die plaaslike ekonomie. Hy meen dat die rand nou uit sy lae vlakke teenoor die dollar beweeg het, en dat dít tot aan die einde van 2012 sal voortduur.

“Die laagste vlakke vir die volgende 14 of wat maande sal rondom R7,50 wees.”

Volgens dit wat ekonome uit die afgelope drie jaar se gebeure kan aflei, meen Twine dat indien Suid-Afrika ’n tweede resessie beleef, dit ten minste nege maande sal duur.

Brandstofpryse

Vir die komende maande voorspel Twine aansienlike stygings in brandstofpryse, buiten as die internasionale olieprys daal.

“Gegrond op gister (Donderdag, 22 September 2011) se pryse word ‘n petrolprysstyging van 36c per liter en ‘n dieselprysstyging van 38c per liter op 5 Oktober 2011 verwag.”

As die internasionale olieprys op sy huidige vlakke van rondom $108 per vat bly beweeg of styg, verwag Twine ’n verdere styging van sowat 20c per liter in brandstofpryse in November.

“As die olieprys egter deur dié vlak breek en sê tot op $103 per vat daal, kan dit effense verligting vir brandstofverbruikers beteken.”

23 September 2011

5
 
 
  • 768 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Gerdie Landman - Marlow oudleerling. 
23 Sep 2011 16:41

Laat dit 'n les wees vir mense wat onlangs suiwelprodukte ingevoer het... Teen die tyd dat daardie produkte hier land, gaan dit aansienlik duurder kos. Intussen bly die produsente melkprys laag terwyl vleis, mielies en wolpryse op rekordvlakke is...?

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Veediefstal: Boere moet huis in orde kry
  • Bestaansboere laat waai met mielies
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction