Dur ONA VILJOEN
Die wolmark het bestendig vertoon ondanks die sterk rand en Cape Wools se algehele Merino-aanwyser het met net 1,5% teruggesak tot R51,75/kg (skoonwol).
Die rand, wat op sy hoogste vlak in 16 maande teenoor die Amerikaanse dollar verhandel het, het met 4,2% teenoor die Amerikaanse geldeenheid versterk vergeleke met die wisselkoers tydens die vorige veiling. Dit was ook 2,3% sterker teenoor die euro.
Hoewel die pryse van fyn- tot medium fynwol gedaal het, was daar ’n styging in die pryse van mediumwol, (22 mikron), wat as teenwig vir die die ietwat groter daling in die pryse van die fyner tipes gedien het.
Daar was goeie mededinging, veral onder die vetwoluitvoerders en 99% van die 7 510 bale wat aangebied is, is verkoop.
Die gemiddelde pryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) was soos volg: 19 mikron daal met 5,6% tot R59,15/kg; 20 mikron sak met 3,4% terug tot R52,35/kg; 21 mikron was 2,4% goedkoper op R52,13/kg, maar 22 mikron styg met 3,4% om op R52,02/kg te sluit.
Sowat 6 500 bale kom volgende week onder die hamer.
9 September 2009
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)