|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Wolpryse het op die voorlaaste veiling van die seisoen teruggesak en Cape Wools se Merino-aanwyser het 5% laer op R57,87/kg (skoon) gesluit.
Dit volg nadat Chinese kliënte hulle bestellings begin afgeskaal het. Die Chinese is baie versigtig sedert wisselkoerse so wisselvallig begin raak het en die pryse van kommoditeite erg laat skommel het.
Hoewel die Australiese aanwyser met een persent sedert verlede week gestyg het, neig dit die afgelope aantal weke reeds afwaarts en is dit tans op sy laagste vlak dié seisoen. Cape Wools se aanwyser is steeds 7% hoër as die openingsvlak en 12% bokant die laagste vlak van die seisoen.
Die rand was 4,3% laer teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met vorige veiling.
Altesame 8 743 bale is aangebied waarvan 93% verkoop is.
Die gemiddelde pryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) was soos volg: 19 mikron daal met 2,8% tot R67,62/ kg; 20 mikron verswak met 3,3% tot R61,26/kg; 21 mikron was 4,3% goedkoper op R60,53/kg en 22 mikron sak met 3,2% terug tot R59,27/kg.
Die laaste veiling van die seisoen is 9 Junie.
27 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)