|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Die wolmark het op vandeesweek se veiling effens verswak en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 1% teruggesak tot R60,92/kg (skoon).
Dit was in navolging van die Australiese mark wat vir weke reeds afwaarts neig nadat China minder bestellings begin plaas het.
Die Australiese markaanwyser is nou op sy laagste vlak in maande.
Hoewel die aanwyser laer gesluit het, was daar ‘n goeie vraag na lang wol van gehalte. Die pryse van sommige langwoltipes het gestyg.
Altesame 7 993 bale is aangebied waarvan 97% verkoop is.
Die gemiddelde pryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) was soos volg: 19 mikron styg met 1,2% tot R69,59/kg; 20 mikron verswak met 3% tot R63,32/kg; 21 mikron was 1,3% duurder op R63,23/kg en 22 mikron sak met 2,3% tot R61,26/kg.
Veilings hervat weer op 26 Mei wanneer sowat 8 000 bale aangebied sal word. Dit is ook die voorlaaste veiling van die seisoen.
13 Mei 2010
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)