|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Die wolmark het weer ’n stewige lopie gehad toe Cape Wools se Merino-aanwyser met ’n verdere 2,7% verstewig het tot R56,01/kg (skoon). Dit is die eerste keer sedert September 2007 dat die aanwyser deur die vlak van R56/kg breek.
Die kenmerk van die veiling was die sterk mededinging onder die vetwoluitvoerders wat na China verskeep. Die swak aankope deur kopers wat hoofsaaklik aan Europese kliënte lewer, is ’n aanduiding dat bestellings uit Europa traag bly.
Die sterk vraag uit China was ook duidelik uit die feit dat die totale aanbod van 7 360 bale verkoop is. Altesame 45% is deur Standard Wool gekoop wat hoofsaaklik na China uitvoer.
Die ontvangste van wol by makelaars se pakhuise sover die seisoen is nou 8,5% hoër vergeleke met dieselfde tydperk verlede seisoen. ’n Moontlike verklaring is dat die hoër prysvlakke produsente aanspoor om hul wol vroeër as verlede seisoen te lewer.
Die gemiddelde pryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) was soos volg: 20 mikron styg met 4,3% tot R58,73/kg; 21 mikron verstewig met 3,7% tot R57,07/kg en 22 mikron was 2% duurder op R54,80/kg.
Sowat 8 000 bale sal op volgende week onder die hamer kom.
1 Oktober 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)