|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Daar was weinig Kersvreugde vir wolboere op die laaste veiling van die jaar toe pryse ondanks die swakker rand teruggesak het. Cape Wools se aanwyser het 0,8 % laer op R28,13/kg (skoon) gesluit. Dit is 19 % laer as die openingsveiling.
Fynwolpryse was sterk onder druk weens die swak vraag na dié soorte, maar mediumwol, veral wol van 20,5 mikron tot 22,5 mikron, was goed in aanvraag. Daar was goeie mededinging vir langwol wat ook goeie pryse behaal het.
Altesaam 11 586 bale is aangebied waarvan 95 % verkoop is. Ontvangste by makelaars se pakhuise staan nou op 25 miljoen bale -- dit is 6 % hoër as vir die ooreenstemmende tydperk verlede seisoen.
Gemiddelde prysbewegings was: 19 mikron daal met 2,5 % tot R41,80/kg, 20 mikron met 1,3 % tot R40,50/kg, 21 mikron was onveranderd op R38,42/kg, 22 mikron was onveranderd op R37,67/kg, 23 mikron daal met 0,5 % tot R36,61/kg en 24 mikron styg met 0,8 % tot R35,91/kg. Daar was geen kwotasies vir 25 mikron nie.
Veilings hervat weer op 14 Januarie.
19 Desember 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24