|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Die wolmark het gedeeltelik herstel ná verlede week se skerp daling en Cape Wools se Merino- aanwyser het met 2,4% verbeter tot R59,07/kg (skoon).
Die voortgesette sterk vraag uit China en ’n effens swakker rand het die nodige stukrag verskaf om die mark op vandag se veiling (Woensdag) te laat verbeter en die pryse van die meeste lang vagwoltipes van gehalte het verstewig.
Vetwoluitvoerders was weer sterk in die mark en is ondersteun deur ’n plaaslike verwerker. ’n Hoë verkooppersentasie is behaal toe 99% van die 11 058 bale wat aangebied is van die hand gesit is.
Die gemiddelde pryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) was soos volg: 19 mikron styg met met 3,4% tot R70,59/kg; 19,5 mikron verbeter met 0,6% tot R65,35/kg; 20 mikron verstewig met 2,8% tot R60,89/kg; 20,5 mikron styg met 2,8% tot R60,89/ kg; 21 mikron was 3,2% duurder op R60,22/kg; 21,5 mikron verbeter met 5,2% tot R59,79/kg, en 22 mikron sluit 3,6% hoër op R58,40/kg.
Sowat 8 500 bale sal volgende week onder die hamer kom.
19 November 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)