Deur ONA VILJOEN
29 April 2010

2000 keer gelees | 0 kommentaar

Die wolmark het verstewig, danksy ’n swakker rand en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 2,6% gestyg tot R61,54 (skoonwol).


Die wolmark het op gister se veiling verstewig danksy ’n swakker rand en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 2,6% gestyg tot R61,54 (skoonwol).

Die rand het met 2,7% verswak teenoor die wisselkoers van die vorige veiling, twee weke gelede, wat die mark ondersteun het en bokant die sleutelvlak van R60/kg gehou het.

Daar was ook goeie vraag na langwol, wat veroorsaak het dat die pryse van sommige van die langwoltipes met tot 4,6% gestyg het.

Altesame 8 842 bale is aangebied waarvan 98% verkoop is.

Die gemiddelde pryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) was soos volg: 19 mikron was onveranderd op R68,75/ kg; 20 mikron styg met 4,5% tot R65,25/kg; 21 mikron was 1,6% duurder op R62,40/kg en 22 mikron verbeter met 6,6% tot R62,72/kg.

Veilings hervat weer op 12 Mei wanneer sowat 8 000 bale aangebied sal word.

29 April 2010
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights