|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Die 2003/04-wolseisoen het verlede week teleurstellend begin toe Cape Wools se markaanwyser 10,4 % laer as die sluitingsveiling middel-Junie op R35,15/kg (skoon) afgesluit het.
Kopers sê afgesien van die aansienlik sterker rand, wat vir die grootste deel van die dag sowat R7,32 teenoor die dollar en R4,79, teenoor die Australiese dollar verhandel het, bly bestellings van sleutelkliënte traag en is daar weinig vraag onderwyl Wes-Europiërs nog vakansie hou.
Nie eens die goeie gehalte van die aanbod kon kopers oorreed om beter pryse te betaal nie. Die pryse van alle mikronkategorieë het skerp gedaal.
Boere was duidelik nie gelukkig met die huidige prysvlakke nie en baie het verkies om nie te verkoop nie. Gevolglik is net 83 % van die 11 729 bale wat aangebied is, van die hand gesit.
Gemiddelde prysbewegings was: 19 mikron daal met 8,4 % tot R51,10/kg, 20 mikron met 9,5 % tot R50,32/kg, 21 mikron met 11,5 % tot R49,59/kg, 22 mikron met 13,2 % tot R49,44/kg, 23 mikron met 14,2 % tot R49,27/kg en 24 mikron met 14,6 % tot R48,64/kg. Daar was geen kwotasies vir 25 mikron nie.
Die volgende veiling is op 3 September.
29 Augustus 2003Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24