|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Die Woltoetsburo SA het bekend gemaak dat die toetsfooie vir wol van 1 Julie met 14,6 % verhoog word tot 20,4c/kg. Die koste vir die sertifisering van stapellengte en sterkte bly egter onveranderd.
Volgens die buro is soortgelyke verhogings, wat in Australië en Nieu-Seeland aangekondig is, genoodsaak deur die wêreldwye afname in wolproduksie. Die plaaslike produksie het tot onder 50 miljoen kg gedaal - die helfte minder as tien jaar gelede.
Die plaaslike toetsfooi vir die bepaling van mikron, veseldeursnee, skoonopbrengs en plantmateriaal is nieteenstaande die verhoging, steeds sowat 74 % goedkoper as in Australië.
Die buro het terselfdertyd aangekondig dat wol wat objektief gemeet word, voortaan vanself vir gratis kleurbepaling in aanmerking sal kom. Dit sal die eerste keer wees dat die kleurtoetsing op wol gedoen sal word.
Die gewone dienstyd sal ses of meer werksdae behels. As 'n diens egter binne vier dae afgehandel moet word, sal 'n ekstra 25 % verhaal word en in die geval van 'n spoeddiens van twee werksdae, sal die toetskoste met 50 % styg.
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24