Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Wynmakers-verwelkom-toetse

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 23:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wynmakers verwelkom toetse

 
AMELIA GENIS

Wynmakers wat Landbouweekblad om kommentaar oor die voorgenome toetsing van Sauvignon blanc-sap en wyn vir onwettige geurmiddels genader het, verwelkom die toetse en hoop dit sal die gerugte wat die afgelope maande die ronde gedoen het, die nek inslaan.


"Dis hoog tyd. Vir die integriteit van die wynbedryf is dit die beste ding om te doen," sê mnr. Martin Moore, wynmaker van Durbanville Hills.


Hy sê hy hoop hulle vang iemand, want uiteindelik is die situasie sleg vir almal. "Toe dit verlede jaar in Engeland in die nuus was, was alle Suid-Afrikaanse Sauvignon blancs verdag."


Moore sê hy weet nie in watter stadium geurmiddels bygegooi word nie, en hoop die inspekteurs volg die druiwe uit die wingerd om seker te maak hulle vang die skuldiges. Die natuurlike pirasienvlakke by Durbanville is baie hoog en kan amper as verwysing gebruik word.


Mnr. Bartho Eksteen, wynmaker van Bartho Eksteen Wines, Hermanus, sê hoewel die probleem nie so omvangryk is soos wat baie mense dink nie, is daar beslis mense wat hulle daaraan skuldig maak.


"Sauvignon blanc het mos 'n handelsmerk geword, iets waarmee almal kan geld maak, nou plant hulle dit waar hulle nie moet nie. Dié mense moet uitgevang word."


Eksteen stel swaar strawwe vir oortreders voor. "Die raad moet sommer die skuldiges se totale sertifisering opskort. Hulle moet voel dis onwettig, want ons wat wyn natuurlik maak, ly onder hulle."


Ook mnr. Jeff Grier, wynmaker van Villiera, Koelenhof, is ten gunste van die toetsing, maar meen dat dit oral in die wêreld gedoen behoort te word.


Mense wat dit doen, behoort aan die pen te ry. Met toetsing slaan die Wyn- en Spiritualieëraad die regte rigting in omdat dit kan help om gevaarlike gerugte wat die hele bedryf benadeel, uit die weg te ruim.

27 Februarie 2004

0
 
 
  • 2333 keer gelees

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • 'Landbou nie in die nood'
  • Dohne's onder die hamer
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction