Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Wynplaas-gedrang

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 23:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wynplaas in gedrang

 
deur SUSAN BOTES

Tulbagh se oudste familiewynplaas kan finansiële nood ervaar ’n vanweë ’n uitspraak van die Grondwethof waarin bevind is dat skuld van R37 miljoen aan die Land Bank betaal moet word.

Die Grondwethof het Twee Jonge Gezellen en sy eienaar, mnr. Nicky Krone, se aansoek om appèl teen ’n vorige Hooggeregshof-uitspraak op 22 Februarie verwerp.

In sy verweer het Krone aan die Grondwethof gesê dat hulle nie die skuld kan betaal nie. In 2003 het Land Bank die wynplaas gedagvaar om sy skuld van meer as R39 miljoen te betaal.

Nie genoeg betaal

Krone het die bank se aansoek aanvanklik teëgestaan, maar het later skuld erken en ingestem om die skuld oor ’n bepaalde tydperk te betaal, sê mnr. Musa Mchunu, woordvoerder van die bank.

Die wynplaas het egter net ’n deel van die skuld terugbetaal en gevolglik is daar weer swaarde gekruis. Die Land Bank het die saak, wat in die Hooggeregshof geëindig het, gewen.

Daarna het die wynplaas die saak Grondwethof toe geneem. Die verweer was dat die uitspraak ongrondwetlik is, omdat regsprosedures hulle gedwing het om die vorige hofuitspraak te eerbiedig (en R39 miljoen te betaal) voordat hulle met ’n volgende hofsaak kon voortgaan.

Die “volgende hofsaak” verwys na ’n saak waarin Krone die bedrag wat aan Land Bank geskuld word, in twyfel trek. Die Grondwethof het die aansoek egter verwerp omdat Twee Jonge Gezellen nie bo redelike twyfel kon bewys dat hy wel dié hofsaak (oor skuldberekening) sou wen nie.

Die voorlopige uitspraak van die Grondwethof is beskikbaar vir enige skuldeiser wat geldige dokumentêre bewyse het dat die wynplaas hom of haar geld skuld.
Landbou.com kon Krone nie betyds vir verdere kommentaar opspoor nie. Lees Landbouweekblad vir meer besonderhede.

9 Maart 2011
 

0
 
 
  • 1176 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • 'Graanproduksie by kruispad'
  • Die agtergrond van die riel
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction