Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Wynplase-deur-brand-bedreig

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 23:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Wynplase deur brand bedreig

 
deur LUCILLE BOTHA

’n Verwoestende brand wat huise en ’n hotel in Somerset-Wes in puin gelê het, het ook spogwynplase naby Stellenbosch bedreig. Honderde brandbestryders moes dae lank spook om die vuur in bedwang te bring.

Die brand, wat Saterdag in Somerset-Wes uitgebreek het, is die aand deur ’n sterk oostewind om die Helderberg in die rigting van Stellenbosch gedryf. Dit is eers vanoggend vroeg onder beheer gekry.

Uva Mira en Ernie Els-wyne, al twee op die Annandale-pad, moes gister hul deure vir die publiek sluit sodat alle beskikbare hande by die brand, wat alles in sy pad verteer het, kon uithelp. Bilton-wyne, Alto, Cordoba en Nooitgedacht het ook deurgeloop.

Teen gisteraand het eienaars van buurplase duim vasgehou die wind tel nie weer op en veroorsaak moeilikheid oor ’n groter gebied nie.

Wanneer mnr. Matthew van Heerden, wynmaker en wingerdboukundige by Uva Mira, gesels kug hy voortdurend weens die rookinaseming wat hy sedert Saterdag moes verduur.

“Ons kon darem keer dat die brand die geboue bereik, en kon die wingerde red. Ongelukkig het ons 10 ha tot 15 ha proteas en fynbos wat vir die uitvoermark bestem is, verloor.”

Hy sê vir die blomme wat wild geoes word, is die brand nie ’n probleem nie. Steggies op die plaas word egter elke paar jaar oorgeplant, en daarom is die verlies weens die brand baie groot. Die blomme word na Japan en Europa uitgevoer.

“Ek is so uitgeput, ek kon nog nie ’n som maak oor wat die skade beloop nie, maar dit kan maklik ’n paar miljoen rand wees.”

Drinkwaterstelsels, kabels en selfs tuine het onder die vlamme deurgeloop.
Mnr. Louis Strydom, bestuurder van Ernie Els-wyne, sê die afgelope paar dae was gekenmerk deur min slaaptyd.

“Ons het nie brandskade aan die wingerd nie, maar dit kan wees dat hitteskade die ogies seergemaak het. Dit kan volgende jaar se oes be-invloed.”

By Bilton-wyne het sowat 100 ha bloekom- en dennebome in die vlamme opgegaan. Hulle het ook sowat 29 ha fynbos en proteas verloor. Dit is ’n terugslag, aangesien die plaas deel is van die Biodiversiteit-en-wyn-inisiatief.

“Ons grootste bekommernis is dat erosie kan voorkom as daar baie reën in die volgende paar maande val,” sê mnr. Johann Diedericks, hoofbestuurder van Bilton.

Van Heerden trou die komende naweek in Namibië, en die brand het sy planne om soontoe te gaan met minstens ’n dag in die wiele gery.

“Ek het vir my aanstaande vrou gesê as sy met ’n boer wil trou, moet sy onthou sulke dinge kom saam met die territory!” spot hy.

19 April 2011

 

0
 
 
  • 1360 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Great Plains se YP-2425-planter
  • Limpopo oorgehaal vir grondeise
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction