Die drie finaliste in 'n nuwe wedstryd uitsluitlik vir Suid-Afrikaanse wolprodusente is bekend. Hulle is mnre. Bruce en Stuart Dewing van Cathcart, Marais en Francois Bester van Kokstad en Alfonso en Francois van Niekerk van Adelaide.
Altesame 53 vagte is vir die eerste Ermenegildo Zegna-fynwolkompetisie, die Zegna Wool Trophy South Africa, ontvang. Zegna is die bekende Italiaanse vervaardiger van fynwolstowwe.
Net vagte van 14 mikron tot 17,9 mikron mag vir dié kompetisie ingeskryf word.
Die finaliste het voorheen aan die tweejaarlikse, internasionale Zegna VA Challenge-wedstryd deelgeneem.
Lees meer in Landbouweekblad se uitgawe van 29 Mei 2009.
22 Mei 2009