|
|
|
| Bygewerk: | 26 May 23:00 IDT |
| Temp: | |
| Druk: | |
| Doupunt: | |
| Humiditeit: | 76% |
| Wind: |
Kommersiële boere in Zimbabwe, en Suid-Afrikaanse boere wat nog in dié land boer, vestig hulle hoop daarop dat staatshoofde by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) se beraad in Kinshasa in die Demokratiese Republiek van die Kongo, hulle sterk teen grondvergrype in Zimbabwe sal uitspreek.
Die wankelrige politieke skikking in Zimbabwe is een van die besprekingspunte by die beraad. Die beraad is voorafgegaan deur hernude geweld en vergrype op plase in Zimbabwe. Die plaashuise van mnre. Mike Campbell en sy skoonseun, Ben Freeth, is onder meer ’n week gelede afgebrand.
Campbell is die boer wat saam met 70 ander veronderstel is om beskerming na die uitsprake van die SAOG-tribunaal te geniet. Die tribunaal het in November 2008 beslis dat die boere op hulle plase mag bly en dat die staat hulle moet beskerm. In Junie vanjaar het die tribunaal beslis dat Zimbabwe se regering sy bevel minag en dat die kwessie na die SAOG-beraad verwys moet word.
7 September 2009
Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)