Die burgerregte-inisiatief AfriForum is “verheug” dat die Suid-Afrikaanse Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking ‘n protesnota aan die Zimbabwiese regering gestuur het oor die skending van die ooreenkoms ten opsigte van die beskerming van beleggings (Bippa) tussen dié twee lande.
Intussen gaan plaasbesettings in Zimbabwe onverpoos voort. Luidens ‘n berig op Allafrica het die Suid-Afrikaanse ambassadeur in Zimbabwe, mnr. Mlungisi Makalima, opdrag om in te tree wanneer Suid-Afrikaners in dié land se eiendom gegryp word.
Belegging bedreig
Die jongste grondgrype bedreig beleggings in Zimbabwe, veral aangesien ‘n piesangplaas in Maleisiese en Nederlandse besit ook beset is. Luidens 'n berig op Allafrica is dié plaas, Fangundu Farm, deur 'n afgetrede generaal en die Zimbabwiese ambassadeur in Tanzanië, mnr. Edzai Chimonyo, gegryp, lui ‘n berig van
Chimonyo is verlede week deur regter Tedious Karwi in Harare se hooggeregshof beveel om die plaas te verlaat, maar hy het appél aangeteken. Amptenare van Malysië en Nederland sal na verwagting vandeesweek in Zimbabwe aankom om die kwessie te bespreek.
Met dié stand van sake ingedagte sê AfriForum hy sal die situasie in Zimbabwe “fyn dophou en stappe doen as dit blyk dat die Regering se optrede nie voldoen aan die vereistes wat Bippa neerlê nie”.
Lees ook:
SA burgers in Zimbabwe ‘geïgnoreer’
Zim: Regering kan nog nie help
Bron:
Allafrica
AfriForum
18 Januarie 2010
Kommentaar
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)