Zuma gaan plaaswerkers toespreek

 

Die meer as 1 000 plaaswerkers en -bewoners wat die tweedaagse Nasionale Plaaswerkerberaad dié week in Somerset-Wes bywoon, gaan ook na pres. Jacob Zuma luister.

Provinsiale berade is die afgelope drie maande is in al die provinsies gehou, waarop plaaswerkers die geleentheid gekry het om hul probleme te opper en voorstelle te maak van wat die Regering kan doen om hul lewens te verbeter. Plaaswerkers is van die mees kwesbaarste werkers in die land.

Na afloop van die nasionale beraad sal die bydraes wat ingedien is deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye oorweeg word vir toekomstige wetgewing.

Me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, sê die Regering is gereed om aksie te neem, nie net in die boonste strukture nie, maar binne ál die kiesafdelings. Dié pad sal saam met die kwesbares geloop word, het sy aangedui.

26 Julie 2010

3
 
 

Kommentaar

Besoeker 

Ek hoop net nie dit is dieselfde sirkus as wat in Goudini Spa was nie.(Einde Mei)Alles is oordonder deur vakbonde wat geen plaaswerker n kans wou gee om iets te sê nie.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.