Tuis
Gevorderde soek
  • Tuis
  • Nuus
  • Bedrywe
    • Diere
    • Akkerbou
    • Tuinbou
    • Meganisasie
    • Bedryfsake
    • Tegnologie
    • Wiele
  • Die weer
    • Vandag se weer
    • Weervoorspelling
    • Weerberigte
    • Gesels saam oor die weer
  • Markte
    • Safex-pryse
    • Aandeelpryse
    • Agri-weekliks
    • Veilingspryse
    • Finansies
    • Varsprodukte
  • Vra die kundiges
    • Vra vir Faffa
    • Dierevoeding
    • Finansies
    • Chemikalieë
    • Regskenner
  • Stoeterye
    • Beeste
    • Skape
  • Jou mening
    • Forums
    • Gespreksforum
    • Boereblogs
    • Peiling
  • Multimedia
    • Foto-albums
    • Video's
    • E-pos foto’s aan ons
  • Potpourri
    • Kos en resepte
    • Boer soek 'n vrou
    • Pretkalender
    • Kalender
    • Jag en gewere
    • Jongste Landbouweekblad
    • Bloktoetse
    • Kompetisies
    • Boeke
  • Geklassifiseerde advertensies
Jy is hier: Nuus / Nuus-artikel / Zuma-gebruik-die-grond

Nuus

SA en Australië deel SKA-projek

Ná jare se beplanning en maande se wag het die SKA-organisasie aangekondig dat Suid-Afrika en Australië dié teleskoop sal deel.

  • Kaap Agri vaar goed ná ontbondeling
  • Gebrekkige rekord oor grondbesit
  • OBP-entstof weer onder skoot
  • SKA: Suid-Afrika hoor dalk vandag
  • Langklooframphulp: Minister help eindelik
  • Oesskatting in die kol – Graan SA
  • John Deere-winkel gewild op Nampo
meer...

Lekkerlees

  • Aktekantoor se inligting oop vir publiek
  • Nampo 2012 - die landbou in al sy glorie
  • Bewerkingstoer na Argentinië
  • Titelaktes van familieplaas
  • Eis teen Transnet nadat plaas afgebrand het?
  • Wie smous met BK’s?

My Weer

  • Voorspelling
  • Vandag
  • My ligging

Kaapstad

  • Saterdag
  • Kans op reën
  • Hoog:18 C
  • Laag:9 C
  • Sondag
  • Sonskyn
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
  • Maandag
  • Gedeeltelik bewolk
  • Hoog:20 C
  • Laag:9 C
Sonsopkoms: 7:38
Sonsondergang: 17:46

Kaapstad

Bygewerk:26 May 23:00 IDT
Temp:
Druk:
Doupunt:
Humiditeit:76%
Wind:

Kaapstad

Peiling

Is mentorskap die korrekte oplossing vir die suksesvolle bemagtiging van nuwe boere?:

Zuma: "Gebruik die grond!"

 

Mev. Sizakele Zuma, vrou van pres. Jacob Zuma, het ’n beroep op vroue in landelike gebiede gedoen om die grond wat tot hul beskikking is, te gebruik om armoede te beveg en werkloosheid teen te werk, aldus Sowentan Live. Zuma het gepraat by die Zumas se huis tydens ’n besoek van me. Rejoice Mabudafhasi, Adjunkminister van Water- en Omgewingsake,.

Mabudafhasi is tans besig met die implementering van 'n plan om waterskaarste te beveg. Zuma was baie besorg oor toestande in Nkandla, ’n baie arm gebied in die noorde van KwaZulu-Natal, met ’n bevolking van 160 000 mense.

Plant groente
"Toe ek besef baie mense in die omgewing is arm en het nie geld om eenvoudige goed, soos groente, te koop nie, het ek besluit om iets te doen. Ek het begin ploeg en kool, wortels, spinasie en ander groente geplant. Ek het ander vroue genooi om ook deel te neem en vandag word ons beloon vir ons harde werk," sê Zuma.

"Ek wil ’n spesiale beroep op vroue doen om die grond tot hul beskikking te gebuik. Dit hoef nie ’n groot stuk grond te wees nie, solank jy ’n bietjie kan ploeg en jou familie kan kosgee," sê Zuma.

Werkskepping
Intussen het honderde Suid-Afrikaanse vroue na die iSimangaliso-vleilandpark naby La Lucia in KwaZulu-Natal gestroom om die blare van ’n skaars plant te oes, berig Sowetan Live. Dit word gebruik om Zoeloe-kunswerke te maak wat verkoop kan word om hul gesinne te onderhou. Die plant staan onder plaaslike inwoners bekend as "incema".

Een van die vroue het vertel dat sy reeds 20 jaar lank die plant gebruik om kunswerke te maak wat sy aan plaaslike mense sowel as toeriste verkoop.

"Ek het geleer hoe om dit te doen toe ek nog op skool was. Ek verkoop my ware om my kinders se skoolgeld te betaal. Ek het ook my kinders geleer hoe om die kunswerke te maak."

Mnr. Andrew Zaloumis, iSimangaliso se hoofbestuurder, sê daar kom jaarliks meer as 3 500 mense na die park om "incema", wat net op ’n paar plekke in Suid-Afrika gevind word, te oes.

Bron: SowetanLive

25 Mei 2011
 

5
 
 
  • 1465 keer gelees
  • Drukker-vriendelike uitgawe
  • Stuur na vriend
  • PDF uitgawe

Kommentaar

Klaas Fokkema 
25 Mei 2011 14:58

Uitstekend advies, Mevrouw Sizakele Zuma! Met dit advies bevordert u rijkdom in de breedste zins des woords.

  • antwoord

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.

Geborgde skakels


Plaassilo's - 'n Blink Gedagte

Kwaliteit Saad

Die toekoms is in jou land

In lyn met die boer

MSD Animal Health

Our brand new website

Daaglikse nuusbrief

Weeklikse nuusbrief

Teken In

  • Registreer as gebruiker
  • Wagwoord vergeet?

E-pos forum

  • Waarom is boere so stil?
  • Soek Atchar in Malelane/Komatipoort area.
  • Hoe meet jy as melkboer jou melk, per kg of liter
  • Boom Lusern en siektes
  • Nekklamp vir beeste
meer...

Gewildste stories

Vandag

  • Gids vir identifikasie van vee
  • John Deere-winkel gewild op Nampo

Immergroen stories

  • RSS-voere
  • E-pos foto's aan ons

Pas gelees

  • Voedselkrisis groter in Zim
  • G'n vergoeding vir wapeneienaars
  • Wie is ons?
  • Kontak ons
  • Gebruiksvoorwaardes
  • SMS-diens
  • RSS-voere
  • Teken in op LBW
  • LBW-argiewe
  • Vennote

Alle regte voorbehou. © Landbou.com 2011. In Suid-Afrika gepubliseer deur Media24

Web Development by FormFunction