‘Zuma moet Malema in bek ruk’

 

Die uitspraak van Julius Malema dat grond (van swart mense) gesteel is, kweek rassehaat, sê die VF Plus.

“Die uitspraak van Julius Malema oor grondhervorming dat ‘die grond (is) van ons gesteel is’, kweek rassehaat. Niemand se grond is gesteel nie en alle grondeienaars het op ‘n wettige wyse eienaars daarvan geword. Grondeienaars vra ook nie verskoning daarvoor nie,” sê mnr. Pieter Groenewald, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor Landbou en Grondsake.

Dit is uitsprake soos hierdie wat rassespanning veroorsaak en kan tot gewelddadige konflik lei. Dit het tyd geword dat pres. Jacob Zuma vir Malema nou in die bek ruk, sê Groenewald.

“Grondhervorming is ‘n emosionele saak en veral boere is moeg om te hoor dat hulle die grondhervormingsproses vertraag. Dit is nie die grondeienaars nie, maar die grondeise-kommissarisse in die verskillende provinsies wat die grondhervormingsproses vertraag.

"Grondeienaars is bereid om hul grond teen billike pryse beskikbaar te stel vir grondhervorming, maar die onvermoë en wanadministrasie van die kommissarisse vertraag die proses en skep onnodige spanning. Die Regering het ook nie nou geld om sy onhaalbare teikens te bereik nie en dit is onregverdig om grondeienaars te beskuldig,” sê Groenewald.

24 November 2009
 

5
 
 

Kommentaar

Boer - en trots daarop 

Hoekom is malema nog nie deur ons landbou organisasies gedagvaar nie?

Butch

As opgevoede burgers van Suid Afrika plaas ons die waardes wat ons Grondwet neerlê, voorop. Dit is onder andere om mede Suid Afrikaners met menswaardigheid, gelykheid en nie-rassigheid te behandel. Dit is die hoogste Wet in die land en alle optrede van alle Suid Afrikaners en die Staat word daarteen gemeet. Waar kry Mnr Malema sy bevoegdheid om sy kwetsende uitsprake te maak, of is hy ook van mening dat hy verhewe bo die Grondwet is? Dit dui op 'n totale gebrek aan begip oor hoe teenoor mede Suid Afrikaners opgetree behoort te word en sy party behoort hom van behoorlike opvoeding in die verband te voorsien. Om die Grondwet so blatant te minag, is iets wat na die Menseregte Kommissie verwys behoort te word.

Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)

Jou e-pos adres sal nie vertoon word nie.