Verskeie landbou-organisasies eis dat pres. Jacob Zuma die kwessie rondom beweerde uitsprake wat mnr. Julius Malema, die voorsitter van die ANC Jeugliga, die afgelope twee weke gemaak het, moet aanspreek.
Luidens ‘n berig in Beeld het die Menseregtekommissie gister 10 klagtes van haatspraak van organisasies en individue ontvang.
Malema het glo tydens ‘n student saamtrek in Johannesburg “Dubula ama-Bhunu baya raypha” (“skiet die boere, hulle is verkragters!”) gesing, en tydens sy verjaardagvieringe het hy na bewering gesê hy roep die gees van die vryheidsvegter, Peter Mokaba, op.
ANC sien glo geen fout
Volgens Beeld sê mnr. Jackson Mthembu, ANC-woordvoerder, dié klagte is ongegrond en dat Malema se optrede nie haatspraak is nie.
Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het gister ‘n kriminele klag teen Malema by die Brooklyn-polisiestasie gaan lê, terwyl die burgerregte groep, Afriforum, Donderdag ‘n klag van haatspraak teen Malema by die Gelyksheidhof gaan indien.
Intussen eis Agri SA dat Zuma uitsprake van hierdie aard moet verdoem en stappe moet neem om hierdie tipe uitsprake deur regerings- en partyleiers in die toekoms te voorkom.
"Die roekelose uitsprake van Julius Malema hoort nie tuis in 'n samelewing waar onderlinge respek en verdraagsaamheid gerespekteer moet word as vereistes vir nasiebou, stabiliteit en vooruitgang nie. Die gewraakte "kill the boer, kill the farmer" uitlating was vroeër reeds deur die Menseregtekommissie as verwerplike haatspraak verklaar. Dat Malema hom nie hieraan steur nie, word betreur," sê mnr. Johannes Möller, voorsitter van Agri SA.
Die TLU SA sê hy het met absolute weersin van die uitsprake verneem. Mnr. Ben Marais, die voorsitter van die TLU SA, vra: “Is die ANC strukture en hulle leiers bang vir die knaap wat nie net die organisasie skade doen nie, maar ook die land? Hy kom telkens weg met enige omstrede, radikale, belaglike en nou ook walglike uitspraak.”
Marais sê Zuma vergader vanaand met ‘n aantal Afrikanerorganisasies, waaronder TLU SA, en hy gaan van dié geleentheid gebruik maak om dié saak met Zuma te bespreek.
Bron: Beeld
11 Maart 2010
Kommentaar
Die ANC is en bly 'n radikale marksistiese organisasie met een groot mutasie-die "massas" het geen regte nie.Swartes distilleer kommunisme tot 'n super kapitalisme waar die top spul alles besit en korrupsie 'n godsdiens is met fanatiese volgelinge. Die blanke stem van rede en respek vir die reg staan lynreg teen alles waarvoor die ANC staan.Daarbenewens is die absolute verafgoding van Mugabe se doen en 'n baie aantreklike oplossing. Die plaasmoorde is 'n proeflopie om internasionale reaksie te peil. Aangesien dit swart op wit geweld is en wit mense vermoor word,sal blanke Europa dit stilswyend goedkeur en met hulle nuutgevonde swart vennote besigheid doen.Die BBC sal 'n manier vind om dit te regverdig-met die steun van die meerderheid Britte. Die haatspraak sal vererger,die plaasmoorde vermeerder en die geweld vererger.Die RSA het geen toekoms vir blankes nie.Zuma en sy trawante se onwrikbare steun vir Malema getuig hiervan.Daar is geen oplossing vir Afrika barbarisme en korrupsie nie. En met volle ondersteuning van die blanke weste,hoekom sal daar wees?
Ek persoonlik glo nie die ANC gee veel om wat hulle kommentaar oor die witman is nie , rasse haat en onrus gaan net erger word in SA , ons hier in Australia bid vir julle.
Die twak se tjank moet afgetrap word. Malema maak rassisme tot in sy diepste wese in my wakker.
In 1994 was ek nog 'n jongman.
Ek het eendag sit en luister hoe die oumanne praat en een van die manne se toe dat die slimmanne voorspel dat die ANC regering oor 15 jaar deur 'n meer radikale party as regering vervang sal word.
Lyk my die storie was nie heeltemal reg nie.
Die radikale element binne die ANC is egter nou besig om oor te neem.
Lewer kommentaar. (Jy hoef nie ingeteken te wees nie.)