Deur SUSAN BOTES
11 Julie 2012

501 keer gelees | 0 kommentaar

’n Globale voedselsekerheidsindeks is Dinsdag (10 Julie 2012) deur die Economist Intelligence Unit (EIU), ’n leier in besigheidsintelligensie, bekend gestel.


Dié bekendstelling het gelyktydig in Johannesburg (Suid-Afrika), Brussels (België), Washington DC (Amerika) en São Paulo (Brasilië) plaasgevind.
Die indeks word deur die multinasionale tegnologiese reus, Du Pont, gefinansier en verskaf inligting oor 105 lande se voedselsekerheid.

Drie sleutelkategorieë – die bekostigbaarheid; beskikbaarheid en toegang; en die gehalte van voedsel – word deur die indeks gemeet.
Suider-Afrika is volgens die indeks die streek met die grootste voedselonsekerheid ter wêreld. Suid-Afrika en Botswana is die lande met die grootste voedselsekerheid binne dié streek.

Me. Pratibha Thaker, streekdirekteur vir die EIU in die Midde-Ooste en Afrika, sê as die streek net één ding in die komende jaar beter kan doen om voedselsekerheid te verbeter, moet dit beter samewerking wees. “Elke land het natuurlik sy eie probleme, maar samewerking is die een manier hoe ons dié kwessie die beste die hoof kan bied.”

Me. Pamela Chitende, direkteur vir DuPont Pioneer in Afrika, sê Afrika is tans die tuiste van ’n miljard mense. Teen 2050 sal dié getal verdubbel.

“Ons sal 20% van die wêreldbevolking uitmaak en ons uitdaging is om die bevolking te voed. Dié indeks kan landbouers help om ’n beter dialoog met regerings en ander rolspelers te bewerkstellig. Dit kan dus ’n platform vir verandering wees."

Meer besonderhede oor die voedselindeks sal eersdaags in Landbouweekblad verskyn.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights