Deur ALANI JANEKE
24 Julie 2012

533 keer gelees | 0 kommentaar

Opgeknapte maatreëls om verbruikersinflasie te bereken sal in die begin van volgende jaar bekend gestel word, sê Statistieke SA.


Die inflasiekoers het die afgelope paar maande binne die teiken van 3% tot 6% beweeg, en die hersiening van die bepaling van die Verbuikersprysindeks (VPI) en die Produksieprysindeks (PPI) kan verbruikersinflasie na verwagting opwaarts druk.
 
Statistieke SA het aangekondig dat opgeknapte maatrëels vir die bepaling van inflasie in die begin van volgende jaar aangekondig en toegepas sal word. Dié maatreëls sal gegrond wees op ’n opname vir inkomste en besteding van 2010 tot 2011. Luidens ’n berig in Business Day sal mnr. Patrick Kelly, uitvoerende bestuurder vir prys- en arbeidstatistiek by Statistieke SA, die opname in September of Oktober vanjaar bekend stel.
 
Elke vyf jaar
In die toekoms sal die maatreëls vir die bepaling van inflasie elke drie jaar aangepas word, waar dit tans elke vyf jaar gedoen word. Dít word gedoen om seker te maak dat die inflasiekoers prysdruk in die ekonomie meer akkuraat weerspieël.
 
Veranderinge aan die VPI kan byvoegings tot die mandjie van 400 goedere wat tans in berekeninge gebruik word, insluit.
 
Die PPI sal aangepas word deurdat dit komponente vir die landbou, mynbou, elektrisiteit sowel as reeds vervaardigde produkte sal insluit. Dié verandering sal die invloed verminder wat kommoditeitspryse tans op die PPI het, terwyl dit ook skakeling tussen die PPI en VPI sal verbeter.
 
Hoogtyd
Dr. Koos Coetzee, ekonoom verbonde aan die Melkprodusente-organisasie (MPO), sê dit is tyd dat aanpassings aan die PPI gedoen word. Hy sê terwyl veranderinge aan bepalings vir die VPI in 2005 gemaak is, is die laaste veranderinge aan die PPI laas in 2000 gedoen.
 
Coetzee sê die veranderinge sal tegnies wees en dit sal nie ’n regstreekse invloed op die landbou hê nie. “Ek het wel nog altyd gesê dié statistiek moet soms met ’n knippie sout geneem word, want daar kom partykeer goed daarin voor wat nie uit die landbou verklaar kan word nie.”

Bron: Business Day
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights