Deur ALANI JANEKE
25 Oktober 2012

437 keer gelees | 0 kommentaar

Die nuwe Sasol Nitro-aanleg vir kunsmis by Secunda sal die land se tegnologie vir hoër produksie help verbeter.


’n Nuwe Sasol Nitro-aanleg is Woensdag (24 Oktober) naby Sekunda geopen. Die bou van die aanleg het sowat twee jaar geduur, en sowat 3 000 Suid-Afrikaners is deur plaaslike kontrakteurs aangestel om die bouwerk te voltooi.

Luidens ’n verklaring van dr. Pieter Mulder, Adjunkminister van Landbou, Bosbou en Visserye, se kantoor is die aanleg vir sowat R1 miljard opgerig. Uit dié bedrag is sowat R830 miljoen aan plaaslike aankope en diensverskaffers bestee. Die aanleg kan sowat 400 000 ton kunsmis per jaar lewer.

Mulder het by die opening daarop gewys dat tegnologie soos dié, nodig gaan wees wanneer die hoër produksie wat in die toekoms van die landbou verwag word, in ag geneem word. “Die volhoubare verhoging van voedselproduksie is die sentrale, oorheersende en definiërende kwessie in die landbou vandag. Tegnologie en navorsing sal ons toerus om hoër produksie te lewer met dieselfde hoeveelheid of minder produksiemiddele.”

Bestendigheid vorentoe nodig
Hy het gesê die landbou het egter nie net beter tegnologie nodig om in die toekoms te kan oorleef en die land te voed nie. “Vir ekonomiese groei en vir die geleentheid om baie van ons probleme op te los, het ons ekonomiese en politieke bestendigheid nodig. Die landbou vorm deel van ’n kritieke deel van ons land se sosiaal-ekonomiese en sosiaal-politieke bestendigheid.”

Die bou van die aanleg, te midde van reusagtige onsekerhede en ekonomiese onrus, is “beduidend positief”. Soos wat die landbou bestendigheid nodig het, het die landbou ook ’n funksie om te vervul.

“ ’n Sterk landbousektor is noodsaaklik vir ekonomiese en politieke bestendigheid in Suid-Afrika. In hierdie verband vra ons regeringsleiers vir politieke en eknomiese sekerheid, spesifiek ten opsigte van die landboubedryf. Ons het ’n omgewing nodig wat bevorderlik is vir gesonde openbare/private vennootskappe en wat die lewensvatbaarheid van beleggings bevorder,” aldus Mulder.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights