Deur ALANI JANEKE
12 Junie 2012

418 keer gelees | 0 kommentaar

Thailand het sy deure vir Suid-Afrikaanse sitrus geopen.


'n Nuwe uitvoermark vir Suid-Afrikaanse sitrus – Thailand – is van 31 Mei 2012 af beskikbaar, sê die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye. Luidens 'n verklaring het onderhandelinge vir die daarstelling van dié mark 14 jaar gelede reeds begin.

Die stadige vordering met die proses word toegeskryf aan die protokol vir bilaterale fitosanitêre maatreëls wat die Wêreld-Handelsorganisasie (WTO) voorskryf. Dié proses is baie afhanklik van die tegniese vermoë van beide partye betrokke.

Vrugtesoorte bevoordeel
Die vrugte wat deur dié mark bevoordeel sal word is Navel en Valencia soetlemoen-kultivars, Clementine en Satsuma nartjiekultivars, die Eureka-lemoenkultivar en die Marsh, Rose en Star Ruby pomelo-kultivars.

Die vrugte wat luidens die ooreenkoms uitgevoer word, sal deur 'n kouebehandeling-proses moet gaan om te verseker dat motte en vrugtevlieë nie uitgevoer word nie. Verder sal net vrugte wat kommersieël verbou word, op plase wat deur die departement goedgekeur is, uitgevoer kan word.

Meer inligting is op die departement se webtuiste beskikbaar by: www.daff.gov.za


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights