Deur ALANI JANEKE
1 Augustus 2012

587 keer gelees | 0 kommentaar

’n Nuwe regsveldtog is gereed om teen die staat oor hidrobreking en skaliegasontginning in die Karoo te baklei, sê die TKAG.


Kort voordat ’n tegniese verslag oor die invloed wat hidrobreking en skaliegasontginning op die Karoo en Suid-Afrika kan hê aan die Kabinet voorgelê word, het die Treasure the Karoo-aksiegroep (TKAG) sy regsveldtog in dié opsig versterk.

Die Kabinet sal ná die verslag in Augustus vanjaar aan hom bekend gemaak word, moet besluit oor die opheffing van die moratorium op prospektering vir skaliegas en hidrobreking, al dan nie.
 
Mnr. Jonathan Deal, voorsitter, sê Cullinan & Associates is aangestel om vernuwende denke tot die groep se veldtog by te dra. Deal sê hulle is vol vertroue dat hul span die staat in sy spore sal stuit, indien dit besluit om dié prospektering toe te laat.

“Hiervoor het ons die beste regskenners gekies om ons by te staan om die kwessie na die Grondwethof te neem, indien nodig.”
 
Vrese
Vrese dat dieprospekteringslisensies wel toegeken kan word, het kop uitgesteek ná me. Dipuo Peters, Minister van Energie, op ’n departementele vergadering opgemerk het:

“Dit sal verkeerd wees van ons om nie die hulpbronne te gebruik waarmee God ons gelaat het nie. Dit is ’n seën wat God aan ons gegee het, en ons moet dit ten volle benut tot voordeel van die mense.”
 
Deal sê hulle berei hulleself al vir ’n lang tyd voor vir die moontlikheid dat die moratorium opgehef word. Die groep se boodskap aan die staat is: “As julle in die huidige omstandighede in die guns van hidrobreking besluit, moet julle julself voorberei op ’n lang en duur regsgeveg soos wat die mense wat die meeste hierdeur geraak word, terugbaklei.”
 
Maatskappye wat om prospekteringslisensies aansoek gedoen het, is Royal Ducth Shell Plc, Falcon Oil & Gas Bpk. en Bundu Oil & Gas (Edms.) Bpk.
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights