Deur MARLEEN SMITH
5 Junie 2012

1605 keer gelees | 9 kommentaar

Kommer heers oor die administratiewe haalbaarheid van voorgestelde nuwe watermagtigings, wat verwarrend kan wees.


Die perk waarby ’n dam by die Departement van Waterwese geregistreer moet word, word in die voorgestelde nuwe magtigings vir watergebruikers oor groot gebiede van 10 000 tot 2 000 kubieke meter verlaag.

Dié verlaging hou die grootste bedreiging vir die suksesvolle inwerkingstelling van die voorgestelde hersiene algemene magtigings in, meen mnr. Willie Enright, ’n konsultant van Kaapstad.

Dit is onbestuurbaar en verwarrend, sê Enright, ’n voormalige spesialis-ingenieur van die departement en kenner van die Waterwet. “Duisende klein opgaardamme word met dié verlaging binne die departementele proses van registrasie gebring, wat reeds oorlaai is.”

Algemene hersienings
Dié verlaging vorm deel van ’n stel hersiene algemene magtigings wat die departement onlangs in die Staatskoerant vir kommentaar afgekondig het.

Mnr. Francois van der Merwe, ingenieur van die Departement van Waterwese, sê in reaksie hierop die lisensieproses is intussen opgeknap, en dit behoort deesdae nie langer as ses maande te duur om ’n lisensie te bekom nie.
Hy stel die volgende voor:
* Kontak jou streekkantoor van die Departement van Waterwese, en maak  ’n afspraak vir  ’n konsultasie wat die aansoek om ’n lisensie moet voorafgaan.
* Jy sal in die konsultasie aansoekvorms kry, en al die vereistes en dokumente wat nodig is, sal uiteengesit word. As jy byvoorbeeld vir ’n relatief groot onttrekking van grondwater sou aansoek doen, mag ’n geohidrologiese ondersoek vereis word.
* Hou noue kontak met die streekkantoor sodra jou aansoek en al die nodige inligting ingedien is, om uit te vind of enige verdere inligting nodig is.

* Lees meer hieroor in Landbouweekblad.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Butch van Blerk

2012/06/05 09:10:24 AM

Mnr Enright, as ons weer op hierdie pad is waar die staat prosedures probeer afdwing wat ingevolge administratiefreg ongeldig is, laat dit ons maar weer met geen ander keuses as om die hulp van die howe op te soek nie. Die howe raak siek van hierdie strong arm houding van die staat en gaan binnekort hul strêrre warm begin slaan met kostebevele - dis ons plig om ons belange te beskerm en ons het lank genoeg daarmee versuim en alles waaroor ons sltilbly ,word deur die regering as instemming aanvaar. Ons moet die erns van die saak besef


W van der Merwe

2012/06/05 09:25:55 AM

Die manier van sentralisering van die ANC regering en die gryp van beheer oor alles, is in hierdie geval ook bydraend tot die stagnering en uiteindelike ondergang van die totale landbou in SA.


Sid

2012/06/05 09:37:37 AM

Hulle kan maar hulle landmeter op hulle koste bring, die dam kom opmeet en dan sommer self die vorms self invul.....


Speen....

2012/06/05 11:39:39 AM

Butch, ek stem 100% met jou saam. Feite is dat dit onuitvoerbare wetgewing is. As ek die ding so kyk ek het 'n klein dam op my plaas in 'n spruit maar dit word glad benut vir enige iets anders as veesuiping nie. Die dam val binne die nuwe perke. Ek self is onegveer 600km van my Streekkantoor in Kimberley. Om gou te ry vir so 'n afsprakie gaan nogal kos!!!!


Chris

2012/06/05 02:44:02 PM

Lagwekkend om die minste te se. Daar word gepoog om die boere se water word met 'n ystervuis te reguleer, maar elders word die water besoedel teen die spoed van wit lig en wanneer die kwessie aangespreek word is daar allerhande power verskonings en blaam word verplaas met geen aanspreeklikheid en verantwoordelikheid vir die besoedeling nie. Regering, stel die voorbeeld vir waterbewaring / waterbron bewaring en wanneer julle huis in orde is, dan kan julle die boere tot verantwoording roep om dieselfde standaard na te volg.


Butch van Blerk

2012/06/05 04:42:48 PM

Chris - ek stem saam dat dit lagwekkend is , maar ons sal ons pienk truitjies, pienk broekies en pienk toksies moet uittrek as ons hierdie bedreigings wil weerstaan - hierdie goewerment en sy agterryers wil bo-oor ons loop.


Chris

2012/06/06 08:32:26 AM

Seg jy Butch, seg jy. Dit lyk vir my dat die enigste taal wat die regering verstaan is wanneer die handskoene uitgetrek word en hulle deur die howe aangevat word. Die tragedie egter is dat daar bakstene in beheer geplaas word. Jy kan 'n baksteen in jou tuin plant water en bemesting gee maar daardie baksteen gaan nooit 'n blommetjie word nie, hy gaan 'n baksteen bly. Dit is tyd dat die Landbou organisasies / Afriforum begin saamstaan en 'n georganiseerde front teen die absurditeite vorm.Ek is van die opinie dat om geld op die kort termyn aan litigasie te spandeer kan baie frustrasie in die toekoms afweer.


Butch van Blerk

2012/06/06 02:19:43 PM

Ek kon dit nie beter stel nie - " saamstaan en 'n georganiseerde front teen die absurditeite vorm ". Hoe gouer landbou hierdie boodskap absorbeer, hoe beter.


strauss v Gericke

2012/06/08 12:26:57 PM

In Bloemfontein moes boere in 'n lang tou staan om deur enkele amptenare gehelp te word met die registrasie.Later het die aankondiging gekom dat net boere wat meer as 1 ha besproei daar moet registreer.Uiters swak kommunikasie deur die departement,sou ek sê.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights