deur ALANI JANEKE
1 Oktober 2012

701 keer gelees | 3 kommentaar

Boere in Noordwes sê hulle is 'keelvol' vir grondpaaie wat swak is omdat die staat sloer om dit in stand te hou.


Die toestand van grondpaaie in die westelike dele van Noordwes veroorsaak vir boere en landelike gemeenskappe groot probleme. Agri Noordwes het die media onlangs op ’n toer na dié dele van die provinsie geneem sodat joernaliste eerstehands die paaie en die gevaar daarvan kon ervaar.

Paaie jare laas geskaap
Van die paaie is vyf jaar gelede laas geskraap, terwyl ander 18 maande laas geskraap is. Weens die tipe grond wat in die omgewing voorkom, vorm sandhope in die pad. As ’n mens so ’n sandhoop teen 80 km/h tref, kan dit jou voertuig erg beskadig of ’n ernstige ongeluk veroorsaak. Die gesloer met die skraap van paaie lei ook daartoe dat die paaie smaller word, want die bosse en gras groei die loopvlak toe. Dít maak die paaie gevaarliker, want wild, soos koedoes, wei naby aan die pad.

Boere lei verliese
Van die boere in die distrik Bray het bereken dat swak paaie ’n boer se produksie met tussen R60 000 en R100 000 per jaar kan opjaag.

Mnr. Flip le Roux, ondervoorsitter van Agri Noordwes en voorsitter van Wildbeeshoorn-boerevereniging, sê groot kontrakteurs wat kalwers en beeste op plase moet oplaai, weier die afgelope tyd om na plase in die distrik Tosca te ry weens die paaie. Hy sê dit noodsaak boere om groot voertuie aan te koop of te huur om hulle vee tot by die naaste punt op ’n teerpad te vervoer.

Die naaste slagplaas is sowat 140 km van die boere af en Stella, waar diere soms opgelaai word, is 90 km ver. “As jy jou kalwers self na Tosca moet vervoer en van daar af word hulle verder op ’n groot vragmotor vervoer, kan jou diere tot 15% van hul kondisie verloor. Dít beteken jy verloor tussen R1/kg en R2/kg by die lewerpunt.”

Landbou.com wag op terugvoer van die provinsiale departement van vervoer oor die paaie.

 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Louis Kleynhans

2012/10/01 07:29:36 PM

My bloed kook as ek die goed lees. Ek woon, boer en werk in die Noord Vrystaat, meer presies Heilbron. Dit is skokkend hier by ons! Die Heilbron - Frankfort pad is in sy moer in, jammer, maar ek kan nie anders noem nie. So ook Kroonstad - Parys. Parys -Viljoenskroon is vinnig oppad uit. Ons grondpaaie is haglik en word nie herstel of geskraap nie, net so hier en daar word hul gevee, jy kan dit nie skraap noem nie! Die paaie wat wel goed is word op plekke self deur boere onderhou of geskraap. Gewoonlik het die padafdeling net een skraper, maar daar is nie diesel, skraperlemme of selfs soms ook nie olie nie. Met die eerste reens in September was die aflewering van voer en kunsmis chaos. Trokke sit vas, onmiddelik raak alles agter. Ek soek daai ou van die paaie wat so besorgd is oor die kar waarmee hy ry hier, dan sal ons hom wys hoe lyk die paaie wat hy moet ry. Maar nee, hy is seker op 'n kongres of oorsese besoek... Geensins by sy paaie nie. Dis haglike toestande, ek skaam my dood vir oorsese besoekers vir ons vervalling. Dit word net erger!!!!


Patricia

2012/10/02 02:24:31 PM

Maggies mens, ek stem saam hier in Rustenburg en omgewing is die paaie so sleg, groot maatskappye wat gebruik moet maak van die paaie het nou al sover gegaan dat hulle self miljoene opgesnork het om die paaie rybaar te maak of altans amper gelyk genoeg vir voetuie om deur die stof voort te sleep, ek weet nie van julle nie maar so 20jr terug sou dit nooit gebeur het nie, ons was trots op alles wat ons aanpak, en ons land was skoon en onderhou. Die mense wat aan bewind is het geen benul wat hulle doen nie.


Japie

2012/10/02 05:10:59 PM

Angola hier kom ons, nie baie ver agter jou nie" Wat sal gebeur as almal die helfte van hul inkomste belasting sny en net die helfte van hul lisensies betaal, want dit wat jy as boer moet betaal word nie vir die regte doel aangewend nie, so moet nie betaal nie. Maar dan moet almal dit doen. Die veraaiers en die de Klerks ook.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights