Deur ALANI JANEKE
23 Maart 2012

771 keer gelees | 0 kommentaar

Die Openbare Beskermer ondersoek die redes waarom boere in die Langkloof nie vir ramphulp in aanmerking kom nie.


Die Openbare Beskermer doen tans ondersoek na die kwessie rakende ramphulpgeld aan die Langkloof.

Mnr. Andre de Wit, voorsitter van die plaaslike boereveniging, sê hulle het hulle tot die OB gewend nadat hulle sedert 2006 en 2007 se oorstromings, nog geen ramphulp ontvang het nie. 

De Wit sê bewerings word gemaak dat die amptenare wat vir die ramphulp moes aansoek doen, nie die landbou se skade by die aansoek ingesluit het nie. “Ons het gevra dat die OB moet ondersoek instel na die redes hoekom die Langkloof boere nie vir ramphulp in aanmerking kom nie. Hoekom moet die produsente die straf dra as die amptenary nie hul werk gedoen het nie?”

Terugvoer aan OB
Volgens De Wit het hy en mnr. Koos van Zyl, ‘n verteenwoordiger vir Agri SA, reeds terugvoer van die OB ontvang oor die aansoek. Van Zyl is versoek om alle dokumentasie en navrae rakende die aansoek en dies meer aan die OB te voorsien. “En ek het die dokumentasie reeds aangestuur.”

Van Zyl sê die aansoek vir hulp het intussen van meer as R100 miljoen tot R50 miljoen verminder. Hy sê hy het met die Ramphulpbestuursentrum en die Departemet van Landbou ooreengekom dat van die skade wat ingesluit was, nie landbouskade was nie maar eerder infrastruktuurskade. “Van die boere het reeds die skade op eie stoom herstel.”

‘n Groot aantal boere kan wel nie die skade dra nie, en is steeds afhanklik van dié ramphulp. Van Zyl sê ‘n stuk of 30 damme moet nog herstel word, en as die streek weer deur ‘n droogte getref sou word, sal bykans geen water vir besproeiing beskikbaar wees nie.

Antwoord vat jaar lank
Van Zyl is wel baie dankbaar dat hulle wel terugvoer van die OB ontvang. Hy sê hy rig sedert Oktober 2010 vertoë aan die departement, en ‘n jaar nadat hy die eerste kommunikasie aan hulle gestuur het, het hy eers die eerste antwoord terug ontvang. “Dit is die laagste vorm van ordentlikheid wat ek nog ooit gesien het vir ander mense se tyd en vir mense in nood!”

Die aanvanklike skade van dié oorstromings is op sowat R1 miljard bereken.

23 Maart 2012
 


Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights