Deur JOYLENE VAN WYK
11 Oktober 2011

1121 keer gelees | 4 kommentaar

Die skoon ouditrekord wat Onderstepoort Biologiese Produkte die afgelope jare gekry het, kan nie deur die kantoor van die ouditeur-generaal verduidelik word nie.


Die skoon ouditrekord wat Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) die afgelope jare gekry het, kan nie deur die kantoor van die ouditeur-generaal (OG) verduidelik word nie.

Dié instelling van die Departement van Landbou, Visserye en Bosbou het ‘n gekwalifiseerde ouditverslag van die OG gekry. Die departement en al sy ander instellings, wat die Nasionale Landbounavorsingsraad (LNR), Landboubemarkingsraad, die Ncera-plase en die Raad van Toesig op die Uitvoer van Bederfbare Produkte (PPECB) het ongekwalifiseerde (skoon) ouditverslae vir die 2010/’11 geldjaar gekry.

Die Parlement se portefeuljekomitee vir landbou, bosbou en visserye wou by die kantoor van die OG ‘n verduideliking hê waarom dit nou eers uitkom dat OBP volgens die ouditverslag agteruit boer.

Me. Meisie Nkau van die kantoor van die OG, het verduidelik dat OBP se boeke vorige jare deur ‘n private ouditfirma gedoen is. Sy kon dus nie redes aanvoer waarom hulle voorheen skoon oudits gekry het nie. Sy het dit egter duidelik gemaak dat die OG se kantoor gevind het dat die probleme wat uitgewys is, lank aanwesig is.

Agteruitang van geldstate
Strukturele probleme in die OBP kon tot die agteruitgang van sy geldstate gelei het, het sy bygevoeg.
“Groot, groot kwessies” is met die beheerstruktuur by die OBP ondervind. In ‘n stadium was die hoof finansiële beampte die waarnemende uitvoerende hoof.

Interne prosesse is hierdeur ingedrang gebring, het Nkau gesê.

Die OBP kwalifisering is onder meer weens die onvoldoende hou van rekords en tekort aan moniteringskontrole, het mnr. Yaasir Haffejee, die ouditeur in die OG se kantoor wat verantwoordelik is vir die landbouportefeulje, gesê.

Daar is sowat R1,9 miljoen se inventaris wat nog nie voltooi is nie en die ouditeure kon nie die geskikte toetsing toepas om te bepaal of die syfer reg is nie. Die OBP hou ook nie voldoende rekord of toesig oor sy eiendom en toerusting nie.

Verskeie ander agteruitgang van sy geldelike werkverrigting, is ook uitgewys.

11 Oktober 2011


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Verwarde Melkboer

2011/10/12 11:48:00 AM

Beste onbekende besoeker. Kan jy asseblief vir my verduidelik hoekom die ouditeur-generaal OPB oudit as dit nie aan die staat gekoppel is nie?


Onbekende besoeker

2011/10/12 08:40:00 AM

Melkboer. jy moet dalk bietjie meer navorsing doen. Die OBP is nie 'n staatsinsteling nie maar 'n maatskapy al vir 'n paar jaar. So die staat gekoppel aan die insteling het niks te doen met hulle agteruit gaan nie. En vir die mense hier by LNR ek's bly jy dink dit gaan goed daar. Pierre is reg dis harstseer dat n plek soos Onderstepoort so agteruit kan gaan.


Verwarde Melkboer

2011/10/11 05:57:00 PM

Kom nou Pierre en al die ander wat dink daar is net een Onderstepoort. Daar is die LNR se Onderstepoort Veterinêre Instituut. Die Pretoria Universiteit se Onderstepoort Fakulteit vir Veartsenykunde en die staatsbeheerde Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) - 'n maatskappy in staatsbesit. Soos alle staatsinsellings gaan OBP agteruit. Miskien moet dit maar na die Universiteit of die LNR oorgedra word, want daar gaan dit nog goed.


Pierre van Niekerk

2011/10/11 08:44:35 AM

Dit is n baie hartseeerdag in Onderstepoort se trotse geskiedenis. Dit is eintlik krimineel!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights