Deur ALANI JANEKE
25 Mei 2012

1019 keer gelees | 2 kommentaar

Entstowwe wat deur die OBP vervaardig word, is weer in die kollig ná verlede jaar se bruselose-uitbreking onder beeste.


Entstowwe wat deur Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) vervaardig word, is weer in die kollig ná inligting oor verlede jaar se bruselose-uitbreking onder beeste aan die lig gekom het, sê die Demokratiese Alliansie (DA).

Luidens ’n mediaverklaring laat die getalle wat onlangs in die Parlement bekend gemaak is, vrae ontstaan oor hoe doeltreffend die OBP-S19-entstof vir dié siekte is.

Me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, het in antwoord op vrae van die party in die Parlement aangedui dat 298 uitbrekings van dié siekte verlede jaar aangeteken is. Altesame 271 van dié uitbrekings is van vorige jare oorgedra.

Kuddes wat positief toets vir dié siekte, word onder kwarantyn geplaas tot die besmetting opgeklaar het. Me. Annette Steyn, verteenwoordiger vir die party, sê die land se vleisbedryf kan nié sulke uitbrekings bekostig nie, veral aangesien die uitvoerverbod weens bek-en-klouseer die landbou sowat R4 miljard per jaar laat inboet.

Helfte van ‘n kudde
Volgens Steyn het een boer, wat gereeld sy diere teen dié siekte laat inent, aangedui dat 50% van sy kudde verlede jaar die siekte onder lede gehad het.

“Ek het verlede jaar die skok van my lewe gekry toe  sowat 50% van my kudde positief getoets het vir bruselose. Alle verse word op die ouderdom van sewe maande met OBP-S19 ingeënt, en ’n maand later weer.

“Die ander groot skok was toe ek daarop aangedring het dat die bulle ook getoets word, en van my geleerde vriende in die veeartsbedryf gesê het dit was nie nodig nie. Maar drie bulle het positief getoets!” lui die boer se stelling in die verklaring.

Steyn sê sedert sy die eerste vrae oor die OBP se entstowwe aan Joemat-Pettersson gerig het, het sy nog geen terugvoering ontvang nie. Sy is wil haar nou na die voorsitter van die portefeulje komitee vir landbou wend om te vra dat die minister voor die komitee moet verskyn en ’n deeglike plan voorlê om die land se dieregesondheid ten volle te herstel.

Die DA het reeds die Nasionale Verbruikerskommissie gevra om ondersoek in te stel na die werking van die OBP se entstowwe vir slenkdalkoors en Afrika-perdesiekte.
 
25 Mei 2012


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Onbekende besoeker

2012/05/29 03:34:28 PM

Hoekom het die boer 2 keer S19 gespuit, as die pamflet "eenmalig" in druk syfers aandui, dat die entstof net een keer toegedien moet word? Verder sê die pamflet dat diere TUSSEN die ouderdom van 4 tot 8 maande gespuit moet word. As die diere op 7 maande gespuit is en dan 4 weke later, is die diere dus klaar 8 maande oud. Die pamflet sê dat diere bo die ouderdom van 8 maande nie geënt moet word nie. Is die afsny lyn dalk nie te ver gevat nie? Indien daar nie aborsies was nie, wie sê dat daar wel 'n Brucellose uitbraak was in sulke gevalle? Waar daar wel uitbrake was; spuit boere werklik S19 of hoop hulle dat dit hulle nie sal tref nie of spuit dalk RB51? Wonder eerder of daar nie moet ondersoek gedoen word na bewyse van aankope van S19 nou dat die probleem ontstaan het teenoor die tyd waar daar nie probleme in die veld was nie? Besorgde boer.


Barend

2012/06/06 09:03:53 AM

Die boer se diere het positief getoets omdat hy twee keer S19 gespiut het! Die pamflet is tog duidelik- jy kan slegs eenmalig spuit met S19!

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights