Deur ALANI JANEKE
11 Junie 2012

598 keer gelees | 0 kommentaar

Die oesskatting vir koring kan nóg krimp en Graan SA raam dat sowat 60% van die plaaslike verbruik ingevoer sal word.


Mnr. Andries Theron, ondervoorsitter van Graan SA, sê die reën en sneeu wat die afgelope naweek plek-plek oor die sentrale dele van die land voorgekom het, het nie genoeg grondvog vir meer koringaanplantings in die Vrystaat verskaf nie.

Mnr. Dirk Viljoen, voorsitter vir die Bethlehem-boerevereniging sê dié distrik het dringend reën nodig voor boere dit kan oorweeg om koring te plant, én die planttyd vir koring is basies verby. “Die sneeu en die bietjie reën wat geval het, het nie ’n verandering meegebring in ons gebrekkige hoeveelheid grondvog nie.”

Reën in die Kaap

Theron sê boere in die Kaap en die Swartland is opgewonde oor die tussen 25mm en 50mm reën wat sedert Donderdag (7 Junie 2012) in dié streek geval het. “Ek het tot vanoggend van ’n boer gehoor wat nóú begin plant het, hy het glo vir die reën gewag.”

Theron sê die aanplantings in dié dele lyk baie goed. Van die koring wat weke lank reeds in die grond lê, het ná die reën eers begin opkom. Hy twyfel egter of dié goeie toestande ’n groter as verwagte oes tot gevolg gaan hê.

Tariefaansoek

Verder meen Graan SA die Regering se hantering van die aansoek om ’n tariefaanpassing vir koring, sal ’n aanduiding wees van hoe ernstig die staat oor voedselsekerheid is. Theron sê met die huidige tarief kry ‘’n boer gemiddeld sowat R3 080 per ton, maar met die nuwe voorstel sal dié bedrag met sowat R200 per ton styg.

“Dit sal dien as ’n aansporing om boere in staat te stel om koring te plant en verkoop teen ’n ‘gelykspeel’-prys,” verduidelik Theron. Met behulp van dié tariefaanpassing kan die Suid-Afrikaanse koringmark tot 85% selfvoorsienend wees.

Theron meen dat ’n prys van tot R4 000 per ton nodig is om die plant van koring mededingend in die Vrystaat te maak. Hy sê tans staan koring tweede in die ry as dit met sojabone meeding ten opsigte van aanplantings.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights