24 Augustus 2012

437 keer gelees | 0 kommentaar

’n Verbeterde finansiële profiel het gelei tot ’n verhoging van Omnia se kredietgradering deur Global Credit Rating Co.


Een van die land se grootste kunsmisvervaardigers, Omnia, se kredietgradering is Donderdag (23 Augustus 2012) verhoog. Global Credit Rating Co. (GCR) het die maatskappy se langtermyn-gradering van BBB+ tot A- verhoog, terwyl die korttermyn-gradering van A2 tot A1- verbeter is.
 
Dit is die hoogste kredietgradering wat die maatskappy nog ooit behaal het. Luidens ’n verklaring word dit aan Omnia se verbeterde finansiële profiel toegeskryf.
 
Mnr. Rod Humphris, besturende direkteur, sê hulle is baie in hul skik met dié graderings. “Hulle (die graderings) is ’n bevestiging van die krag van ons bestaande sakestrategie en ons leiersposisie in die chemiese sektor.”
 
Nuwe salpetersuur-kompleks
Humphris is veral in sy skik dat die GCR die maatskappy se nuwe salpetersuurkompleks erken het. Die agentskap het uitgewys dat die maatskappy se verskanste posisie as leier in die plaaslike mark vir kunsmis en mynplofstof deur die kompleks versterk word.
 
Humphris beskryf die kompleks as ’n “baie nodige belegging in die toekoms van Suid-Afrika se landbou- en mynbousektor.” Die GCR skat dat sodra die kompleks voltooi is, dit marges met tussen 2% en 3% sal verhoog.
 
Die agentskap het ook uitgewys dat die maatskappy sedert die 2010-boekjaar volhoubare groei aangeteken het, wat deur ’n sterk vraag vanuit die landbou- en mynbousektore aangevuur is. Dít het gelei tot groei in bedryfswins.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights