Deur SUSAN BOTES
26 Junie 2012

459 keer gelees | 1 kommentaar

Omnia, die genoteerde chemiese reus, het die afgelope finansiële jaar R630 miljoen wins gemaak.


Omnia se wins vir die afgelope boekjaar is 21,6% meer as die R448 miljoen wat in die vorige jaar verdien is.
Die maatskappy se resultate is Dinsdag (26 Junie 2012) bekend gemaak. Bykans die helfte van die wins spruit voort uit Omnia se kunsmisbesigheid.

Die kunsmisbesigheid kon egter nie die vorige seisoen se stewige wins met gemak klop nie. Op R323 miljoen was die wins vanjaar slegs 3,5% hoër as die R312 miljoen van verlede jaar.

Dié lae groei word toegeskryf aan duur nitraat wat gekoop moes word omdat die goedkoper nitraat vir die maatskappy se plofstofbesigheid (BME) gereserveer is. ’n Dividend van R1 per aandeel is verklaar.

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/06/26 01:12:38 PM

Mens kan seker wel argumenteer dat boere moet investeer (aandele koop) in die maatskappye met wie hul sake doen en wat vet winste maak uit, of die verkoop van produksiemiddele aan boere, of die verkoop van boere se produkte. Vir die doel blyk dit voor die handliggend dat boer eerder sy plaas moet verkoop en sy geldjies in Omnia belê . Dit maak mos net ekonomiese sin met inagneming van die maatskappy se syfers hierbo. Maar nou skop die argument in reverse, en boere verkoop hul grond om eerder so te belê, maar nou kry die maatskappy nie lekker sy kunsmis verkoop nie, en die vet winste tuimel grond toe. En net daar sit die boer met sy vinger weer op dieselfde plek as toe hy geboer het. Hierdie argument illustreer mooi netjies waarom boere nie met Dr Botha se rooi Lambo's sal ry nie , want wie maak die geld? - duidelik nie die boere nie - tog so tragies, want eendag op ‘n reendag, nie so ver in die toekoms , gaan mense ontevrede raak oor hul kindertjies se hongerpyne snags – en die kindertjies kan nie kunsmis (of wat ook al ) eet nie - en dan gaan die bom bars – dit met inagneming dat Landbou in rsa waarskynlik die bedryf is waar ‘n belegger die heel laagste opbrengs op sy belegging ontvang – al sy goeie handelsmerke ten spyt– of wat sê ons boere alles Dr Botha ? En dan net ter afsluiting en met eer aan ons ontslape vriend , JF Kennedy, President of the United States of America: “The farmer is the only man in our economy, who buys everything at retail, sells everything at wholesale, and pays the freight both ways “ - laat mens dink - hmmm ?

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights