28 Junie 2012

762 keer gelees | 2 kommentaar

Bewerings van ongerymdhede by die Bloemfonteinse veediefstaleenheid en ’n lid se skakeling met die media gaan ondersoek word.


Bewerings van ’n stasiebevelvoerder wat met ’n stasievoertuig rondry en ’n gebrek aan voertuie om na tonele te ry asook ’n polisiebeampte se skakeling met die media gaan by die Bloemfonteinse veediefstaleenheid ondersoek word.

Kapt. Steve Roets, polisiewoordvoerder, sê ’n berig oor ’n voorval het in die Volksblad verskyn omdat drie lede glo ontevrede is met kwessies wat intern opgelos moet word.

Volgens die berig ry die bevelvoerder met die eenheid se nuwe Volkswagen Amarok-bakkie rond, terwyl beamptes nie genoeg voertuie het om by boere uit te kom nie. Die polisielid wat met die koerant gepraat het, sê hulle moet boere bel om hulle te kom haal om by klagtes uit te kom.

Boer het aangebied

Roets sê die inligting wat hom meegedeel is, is dat vyf voertuie vir die eenheid beskikbaar is. Die boer wat die beampte kom haal het, het glo aangebied om dit te doen omdat die beampte aangedui het dat hy die klag sal ondersoek sodra ’n voertuig beskikbaar is.

Volgens Roets het die eenheid 10 voertuie beskikbaar. Hy sê op die betrokke dag was net vyf van die voertuie beskikbaar omdat vyf versien moes word of herstelwerk moes ondergaan.

Brig. Billy Jones, provinsiale skakelbeampte, het aan die koerant gesê dat die bevelvoerder se voertuiggebruik intern ondersoek word. Die eenheid val onder die Parkweg-polisiestasie. Hy sê tien voertuie is by dié stasie beskikbaar, en twee van dié vloot is na Selosesha-distrik ontplooi.

Bron: Volksblad
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


mkruger

2012/06/29 08:23:54 AM

Ek kan nie sien wat verkeerd is nie. Dit wat in die artikel aangespreek word, gebeur op baie stasies waarvan ek weet. Dit is al aanvaarde beleid/praktyk. Op sommige stasies ry klerke met polisievoertuie om hulle inkopies te gaan doen. Miskien moet LWB vir ons die geleentheid gee om sommer hier op die web terugvoer te gee oor stasies waar dit so gaan. Die terugvoer kan hulle dan aan die SAP stuur.


A Venter

2012/06/30 08:56:08 PM

Dit gebeur elke dag by alle stasies ry deur die woongebiede en kyk hoe staan die SAP voertuie by privaat huise

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights