Ons nuwe fotokompetisie is hier!

Deur Liezl Vercueil
20 April 2017
Jou landboufoto kan op Landbouweekblad se voorblad pryk as jy aan ons fotokompetisie op Facebook deelneem.

Is jy vernuftig met ’n kamera en lief vir die landbou? Skryf gerus jou landboufoto in vir Landbou.com en Landbouweekblad se fotokompetisie op Facebook.

Hoe werk dit?
Die proses is eenvoudig… volg Landbouweekblad op Facebook en stuur jou inskrywings per boodskap aan. Sluit ’n opskrif en kort beskrywing, asook waar en wanneer die foto geneem is asseblief in.

Wenk: Neem jou foto teen 6MB of groter, maar stuur ’n kleiner weergawe van 1MB.

Kompetisiereëls:
Die kompetisie duur van 20 April tot 4 Mei 2017.
Die foto moet portret-formaat wees.
Slegs foto’s wat per boodskap op Facebook ingestuur is, sal oorweeg word.
Deelnemers kan tussen 1 en 5 foto’s instuur.
Met jou deelname aan die kompetisie en met die voorlegging van die foto’s gee elke deelnemer aan Landbou.com en Landbouweekblad toestemming om die materiaal sonder vergoeding te gebruik.
’n Fotograaf sal die nodige erkenning kry as enige van sy/haar foto’s vir dié doel gebruik word.
Professionele fotograwe mag nie inskryf nie.
Wenners moet bereid wees om hul name en foto’s te laat publiseer. Die wenner sal in kennis gestel word.
Personeel van Media24 mag nie deelneem nie.
Die beoordelaars is lede van Landbouweekblad se senior redaksie.
Geen korrespondensie sal oor die kompetisie gevoer word nie.


Lewer kommentaar

Slegs in Afrikaans

Los 'n antwoord

Alle velde moet ingevul word.

Verwante artikels