Deur ALANI JANEKE
12 September 2012

490 keer gelees | 1 kommentaar

Die RPO is nie seker of Suid-Afrika se bek-en-klouseervrye status aanstaande jaar herstel sal word nie.


Ná Suid-Afrika verlede jaar sy status as vry van bek-en-klouseer verloor het, en die land sedertdien R4 miljard per jaar aan uitvoer verloor, hoop die rooivleisbedryf dat dié status teen Mei aanstaande jaar herstel sal word.

Mnr. Lardus van Zyl, voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), sê hulle hoop dat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye die nodige verslag aan die Internasionale Organisasie vir Dieregesondheid (OIE) gaan lewer.
 
Van Zyl het in sy voorsittersverslag gesê: “Ons sal sien of dit wel gelewer word.” As dit nie die geval is nie, is dit onseker of die land volgende jaar sy status kan herwin. Hy het gesê die begin van dié uitbreking was ’n onsmaaklike tyd omdat die organisasie en die staat kwaad was vir mekaar oor goed wat veronderstel was om gedoen te gewees het.
 
Dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die Dieregesondheidsforum, het op die RPO se 24ste nasionale kongres by die Rawdons-landgoed in KwaZulu-Natal gesê die verslag moet einde vandeesmaand gelewer word.
 
Pryse
Intussen sê Van Zyl ’n verdere uitdaging wat die bedryf die afgelope jaar in die gesig gestaar het, was dalende vleispryse aan boere. Dié daling word onder meer toegeskryf aan die hoeveelheid vleis wat in die bedryf beskikbaar was weens droogtetoestande wat tot kuddeverkleining gelei het.
 
“En ewe skielik was dit die RPO se skuld. Ewe skielik dink die ouens die RPO het die mag om die pryse te bepaal. Ewe skielik dink van die boere die RPO het die mag om in ’n Pick n Pay of Woolworths in te stap en te sê verlaag jou pryse,” aldus Van Zyl.
 
Hy sê ondanks al die uitdagings en probleme, is hy steeds positief oor die bedryf. “Vertroue in die bedryf is steeds hoog en ek is uiters optimisties oor die vooruitsigte in die bedryf!”
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


W.KNOUWDS

2012/09/18 09:45:00 AM

Die situasie waarin SA produsente hulle huidig bevind is verseker ook deur hulle self in die hand gewerk omdat hulle wegskram van deeglike diere bewegings beheer deur die instelling van n permit stelsel wat alle beweging van vee moet vergesel en sleg deur veeartseny uitgereik kan word.My ondervindig in Sa is dat vee onbeheers rond beweeg in SA met slegs n verwyderings bewys wat deur enige persoon geskryf kan word.Ek is bewus dat die vragmotor bestuurders van spekulante met n boek in sy trok rond ry en sommer self die nodige verwyderings bewys skryf waar hy vee laai.Solank hierdie tipe beheer aan die orde van die dag is sal SA bek en klouseer hoe risiko bly sowel vee diefstal wat hooty vier.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights