Deur ALANI JANEKE
18 Julie 2012

449 keer gelees | 1 kommentaar

Die welsyn van plaaswerkers is ’n vereiste waarop groot kopers van landbouprodukte al hoe meer aandring en boere moet daarop ag slaan, sê ’n kenner.


Groot kopers van landbouprodukte se aandrang op die opleiding en welsyn van plaasgemeenskappe is ’n kwessie wat meer gereeld voorkom en boere moet daarop ag slaan.

Mnr. Harald Pakendorf, politieke kenner en opleidingspraktisyn, sê kwessies soos onsekerheid oor grondhervorming moet nie die aandag van ander belangrike sake aftrek nie. “Dat plaaswerkers maar alte dikwels nie kan lees of skryf nie, is gewis ’n vingerwysing na die onderwysstelsel. Hoewel die beskuldiging van onbeholpenheid waar is, help dit nie om daarteen vas te kyk of daaragter te skuil nie.”

Volgens Pakendorf is volwasse opleiding vir plaaswerkers belangrik omdat dit die werkers help om ’n beter begrip te hê van dit wat hulle reeds doen, terwyl dit ook hul produktiwiteit en selftrots verhoog. Groot maatskappye soos Unilever, SAB, Woolworths en verskeie ander verwag ook dat plaaswerkers opleiding moet ontvang.

“Dit is ook die siening van die Regering se Nasionale Beplanningskommissie wat daarop wys dat gebrekkige vaardighede en skolastiese agterstand in die pad van behoorlike plattelandse ontwikkeling staan,” sê Pakendorf.

Voorbeelde
Verskeie voorbeelde bestaan waar opleiding reeds plaaswerkers se lewe en omstandighede verbeter het. Een van die voorbeelde wat Pakendorf ophaal, is opleiding by die Blueberry Hill-tamatieplaas naby Oos-London.

Dié opleiding het die 57-jarige mnr. Mlungisi Liphuwana in staat gestel om vinnig eenvoudige woorde te kon lees en sy gesproke Engels merkbaar te verbeter. Op dieselfde plaas neem me. Akona Nqqkavu van haar leerboeke huis toe, waar sy vir haar kinders lees en hulle ook leer.

By Sun City Packers in die Oos-Kaap het mnr. Mzukisi Selani ’n program vir volwasse opleiding voltooi en hy is onmiddellik tot lynbestuurder bevorder. Die opleiding van 30 werknemers by die Vaalharts-besproeiingskema het dié mense se lewe verander deurdat hulle nou self vorms kan invul, hul banksake kan hanteer en hul waarde by die skema het ook toegeneem.

In talle gevalle was AgriSETA by die opleiding betrokke, maar van die opleiding is ook gedoen deur Media Works, ’n maatskappy van Johannesburg wat spesialiseer in volwasse onderwys en opleiding.
 
Ses maande
Pakendorf sê Suid-Afrikaners en die landbougemeenskap moet hulle voorberei op ’n tydperk van populistiese uitsprake in die maande tot en met die ANC se verkiesingskongres in Desember 2012.

“Die kans is skraal dat rede in hierdie hittige tyd bo luide uitsprake sal seëvier. En heeltemal onnodig gaan baie mense warm onder die kraag word. Onnodig, want in die lig van die onlangse geskiedenis is dit gelukkig onwaarskynlik dat die wildste uitsprake ooit werklikheid sal word,” aldus Pakendorf.

Boere word wel aangemoedig om ten spyte van uitsprake te “konsentreer op dit waarmee hulle goed is: Boer.” Pakendorf sê dít sluit in dat ’n veranderende ekonomiese omgewing, en gevolglik opleiding, in ag geneem moet word.


Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Saaiboer

2012/07/18 06:58:59 PM

Die Nasionale Beplanningskommissie moet die boere liewer uitlos en met die departement van onderwys praat wat besig is om die hele geslag jongmense se opleiding deur hulle gatte te trek.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights