25 Junie 2012

2096 keer gelees | 0 kommentaar

Ná tornado’s en hewige storms in die Vrystaat voorgekom het, is boere besig om opnames oor skade op hul plase te doen.


Tornado’s wat teen hoë snelhede beweeg het, het dele van die Vrystaat die afgelope naweek getref. Mnr. Henk Vermeulen, hoof uitvoerende beampte van Vrystaat Landbou, sê hulle is deur middel van mediaberigte al ingelig oor sommige boere se skade.

“Ons het wel nog nie direk inligting van boere ontvang nie, en ’n opname word van vandag af gedoen om meer inligting in te win,” vertel Vermeulen. Intussen berig Volksblad dat die Nasionale Weerdiens die voorkoms van die tornado’s en hewige storms bevestig het.

Mnr. Karl Loots, weervoorspeller, sê ’n waarskuwing is vooraf uitgestuur oor die moontlike slegte weer wat kon voorkom. “Mense word egter net bewus daarvan wanneer iemand beseer is of erge skade aangerig is.”

Tornado’s
Volgens die weerdiens kan ’n tornado ontwikkel op enige plek waar ’n donderstorm voorkom. Die meeste tornado’s in die land kom in Gauteng, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die noordelike dele van die voormalige Transkei in die Oos-Kaap voor.

Dié hewige stormselle kom meer algemeen tussen November en Januarie en September en Oktober voor, en dit gebeur gewoonlik laatmiddag of vroegaand.

Die weerdiens voorspel dat die koue weer vir die res van die week in die Vrystaat en Noord-Kaap gaan voortduur.

Bron: Volksblad



Kommentaar
Slegs in Afrikaans

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 05/06/13 12/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2780c 2789c down 0.3
Speenkalf (lewend) 1443c 1440c down -0.2
Skaapvleis A2/A3 4316c 4338c down 0.5
Varkvleis (gem. prys) 1781c 1799c down 1
Braaikuikens 1524c 1506c down -1.2

Aandele

Pricecheck Flights