Deur ALANI JANEKE
17 September 2012

545 keer gelees | 3 kommentaar

Verskeie melkboere in die land het ’n oormaat melk wat nie gehaal word nie, en party kry slegs 24 uur kennis.


Verskeie boere in die Oos-Vrystaat, veral naby Bethlehem en Warden, ervaar tans probleme met melk wat nie op plase gehaal word nie. Van die boere se melk word vir dae nie opgelaai nie en hulle moet dan duisende liters op hul plase probeer opberg en koel hou.
 
Mnr. Bernard Maree, voorsitter van die Melkprodusente-organisasie (MPO) in die Vrystaat, sê twee van die grootste redes daarvoor wat aangevoer word, is die slegte toestand van paaie en die volume melk op party roetes wat gedaal het. “Dit is in party gevalle die gevolg van melkboere wat die bedryf verlaat en dan raak roetes onekonomies.”
 
Hy sê ’n derde moontlike rede vir so ’n situasie is dat die leweransier wat die melk moet oplaai nie finansieel gesond is nie.
 
Kennisgewing
Intussen sê mnr. Dean Kleynhans hy het al vanuit verskillende dele van die land klagtes gekry van boere wat deur dieselfde situasie geraak word. Van dié boere het slegs 24 uur kennis gekry dat ’n roete nie meer gediens sal word nie. Sowat tien jaar gelede het melkboere tot ses maande kennis gekry as ’n roete nie meer gediens sou word nie.
 
Kleynhans sê dié situasie kom nie net by een melkkoper voor nie, “maar regdeur die spektrum”. Hymeen dat baie opportunisme tans in die bedryf voorkom, “en dat die aankoopmodel vir melk in die land ondersoek moet word.”
 
Gerugte doen tans die ronde dat ’n prysverhoging aan melkprodusente in September beoog word. Kleynhans sê dit sal die eerste keer in die geskiedenis wees wat ’n melkprysverhoging in September aangekondig word. “En dan vra ons – is dit ’n teken dat die melkkopers die mark verkeerd gelees het? Wie was dan reg gewees?”
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


Klaargemelk

2012/09/17 05:43:44 PM

Na 32 jaar in die melkbedryf het ek ook tou opgegooi, die insette het net te duur geraak en die melkkopers te arogant. Wat ek voorspel het is toe aan die gebeur, melkkopers soos DB sit met mooi groot fabriek inni kaap sonder melk, hartseer maar ek dink tog die groter melkerye gaan beter af wees in die toekoms. Byt net vas manne.


Jersey Boer

2012/09/17 06:30:45 PM

Die melk bedryf is in n baie ernstige situasie. Melkpryse word verlaag aan die melkboer, sonder dat die verbruiker prys ook afgekom het. Melkkopers verbeter hul kontantvloei en maak meer wins terwyl die melkboer op die Hoeveld nie sy kostes elke maand kan diens nie.Grondtowwe bv. Mielies en Sojaoliekoeke se pryse is dramties op vanaf middel Junie. Die prysverlaging van 20sent per liter vir produsent en die verhoging van Veevoer pryse het nog n negatiewe effek van 20sent per liter.Dit is 40sent wat die boer nie gehad het nie. Ek sien maandeliks hoe boere meer sukkel om rekenige te betaal en hierdie effek gaan die melkboere geen ander keuse laat om melk boerdery te staak. Die ou Dairy Belle boere moet seker harde bene kou.Wat se planne is daar om net n bestaan te voer en volhoubaar te kan produseer. Help asb


Gewese Melkprodusent

2012/09/18 11:45:44 AM

Na jare in die suiwelbedryf was ek ook genoodsaak om te stop a.g.v. hoe insette en verlaagde melkpryse. Die melkkopers is die groot oorsaak dat daar surplusse en tekorte ontstaan, deur die melkpryse te verhoog en verlaag sodat hulle winste kan maak ten koste van die produsent. Ek dink dit is die begin van die vlge uittog van suiwel boere soos wat reeds verlede jaar gebeur het. Nou wil sekere van die melkkopers voorgee dat veevoermaatskappye die voerprys lig wanneer die melkpyse styg. Ek dink dit is van alle waarheid ontbloot. Veevoervervaardigers het nie n aandeel in die swak mielie oes in die V.S.A. a.g.v die geweldige droogte nie. So ook nie vir die hoe pryse van oliesade nie. Teen die tempo wat boere nou uitklim sal die verwerkers n invoerder van suiwel produkte word, en sal hulle koelkamers vir pakstore moet gebruik. Die suwelbedryf was nog al die jare n baie mooi bedryf om in te wees, maar ongelukkig moet die produsent ook winste toon om volhoubaar te kan wees. Op die oomblik gee ons net werk aan mense.In my geval moes ek 5 gesinne laat afle. Van hulle was 18 jaar in my diens. Baie sterkte aan die boere wat nog vasbyt.Ek hoop dat die wiel vir julle sal draai.

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 08/05/13 15/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2790c 2794c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1594c 1583c down -0.7
Skaapvleis A2/A3 4328c 4374c down 1.1
Varkvleis (gem. prys) 1765c 1767c down 0.1
Braaikuikens 1478c 1483c down 0.3

Aandele

Pricecheck Flights