Deur ALANI JANEKE
26 Junie 2012

757 keer gelees | 2 kommentaar

Die gemeenskap van Mokopane hou dié week ’n witkruis-optog teen plaasmoorde ná die moord van mnr. Johan van Rensburg van die wildplaas Cosmopolite naby Baltimore.


’n Plaasmoord in Baltimore het verlede week tot groot verdeeldheid gelei en is deur sommige boere en organisasies voor die deur van mnr. Ronald Lamola, ondervoorsitter van die ANC-jeugliga, gelê.

Die moord word gevolg deur ’n vreemdsame witkruis-optog in Mokopane. Volgens ’n berig in Beeld is dié gemeenskap van plan om Donderdag (28 Junie 2012) ’n optog met wit kruise in die dorp se hoofstraat te hou.

Die 77-jarige mnr. Johan van Rensburg word op dieselfde dag begrawe. Hy is Woensdagoggend (20 Junie 2012) in sy bed doodgeskiet, terwyl sy vrou, Gloudien, drie keer geskiet is. Van Rensburg het ’n dag tevore by die huis gekom nadat hy ’n operasie ondergaan het. Gloudien is steeds in ’n bedenklike toestand in ’n plaaslike hospitaal.

Verdagtes
Intussen is mnr. Marcel Maritz, ’n DA-raadslid in Mokopane, ontstoke omdat drie verdagtes glo Vrydag (22 Junie 2012) te midde van groot geheimhouding in verband met die moord in die dorp se landdroshof verskyn het.

Volgens lt.kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, is vyf mans verlede Donderdag vir ondervraging in hegtenis geneem, maar hulle is vrygelaat omdat hulle nie met die moord verbind kon word nie.

Luidens die berig het lt. Komang Matsoma, speurhoof van die Tolwe-polisie, erken dat drie mans in die Mokopane-landdroshof verskyn het. Mnre. Jonathan Kgantsi Mafifi (29), Elvis Sathekge Kobe (23) en Marcus Johannes Sithole (43) word aangekla van moord, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede. Hulle sal op 28 Junie in die Tom Burke-landdroshof verskyn.

Bron: Beeld

Kommentaar
Slegs in Afrikaans


butch

2012/06/26 02:15:24 PM

Let every nation know, whether it wishes us well or ill, that we shall pay any price, bear any burden, meet any hardship, support any friend, oppose any foe, to assure the survival and the success of liberty - JFK


A Rossouw

2012/06/26 04:26:17 PM

Zoem Zoem moord en drugs hou die ekonomie vir Werkloses en Crime Lords aan die bloei.[Moord Drugs en Koper diefstal multi miljoen besigheid no TAX]

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 12/06/13 19/06/13 %
Beesvleis A2/A3 2771c 2774c down 0.1
Speenkalf (lewend) 1440c 1432c down -0.6
Skaapvleis A2/A3 4249c 4300c down 1.2
Varkvleis (gem. prys) 1784c 1792c down 0.4
Braaikuikens 1506c 1506c down 0

Aandele

Pricecheck Flights