23 Oktober 2012

374 keer gelees | 1 kommentaar

Bekendes in Suid-Afrika gaan volgende maand aan ’n optog na die parlement deelneem om ingryping teen geweld te eis.


Geweldsmidaad sal nie langer in Suid-Afrika geduld word nie. Dít is die boodskap wat bekendes in Suid-Afrika aan die Regering wil oordra wanneer ’n petisie oor geweldsmisdaad op die Nasionale Vergadering beteken word.
 
Luidens ’n verklaring word ’n optog op 21 November beplan, wanneer die Nasionale Vergadering in sitting sal wees. Dié optog en petisie volg op AfriForum se Stap-teen-geweld-optog na die Uniegebou in Pretoria wat op 19 Junie vanjaar onderneem is. Dié veldtog fokus ook op plaasmoorde en die geweld wat dikwels daarmee gepaardgaan.
 
Die organisasie bied die veldtog met die samewerking van die bekende sanger Bobby van Jaarsveld aan.
 
Versoek
Ná die vorige staptog is versoeke ontvang dat so ’n geleentheid ook in Kaapstad gehou moet word. Mnr. Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê: “Ons het reeds na die setel van die uitvoerende gesag gestap. Nou gaan ons die wetgewende gesag nader.”
 
Hy sê dit ruk kunstenaars om daagliks te hoor van mense regoor die land wat slagoffers word van geweldsmisdade, soos huisbrake, motorkapings, gewapende rooftogte, verkragting of aanranding.

“Hierdie slagoffers is ons ondersteuners en ons kan nie stilsit en toekyk hoe hulle daagliks uitgelewer is aan misdaadbendes wat besig is om mense se regte en vryhede te vertrap nie.”
 
Belangstellendes word genooi om 09:00 die oggend van 21 November by Keizersgracht in Kaapstad bymekaar te kom, waar die optog sal begin. Deelnemers sal wit of swart klere dra: swart om te simboliseer dat hulle rou oor elke Suid-Afrikaner wat vermoor of deur geweldsmisdaad geraak is; en wit om te simboliseer dat daar in vrede vir vrede gestap word.
 
Meer inligting is by www.afriforum.co.za/stapteengeweld beskikbaar.
 
Kommentaar
Slegs in Afrikaans


jacques

2012/11/21 06:44:16 AM

Sien julle daar . Ons hele gesin gaan stap het baie vertel maar almal trek neus op wys jou maar net dit pla nie almal . Wat n jamerte dat SA sie hoe brand hy maar mense wil nie betrokke raak , dit is hoekom regerings weg kom met moord . Ek is baie bly dat ek vandag deel gaan wees van n belangrikke saak . ons was al as gesin baie geraak deur roof met wapens , wens dit vir niemant toe nie . SIEN JULLE DAAR .

Naam Kommentaar
E-pos
Tik in die nommers  

Kry ons op jou foon

Vind jou perfekte maat nou!

Ek is 'n:
Stel belang in:
Ouderdom: tot
Huidige
Ligging:
Wys net profiele met foto's

Teken in vir die nuusbrief

Teken in op Landbou se weeklikse nuusbrief deur jou e-posadres hier in te vul.

Lewende Hawe

Soort 14/05/13 21/05/13 %
Beesvleis A2/A3 2814c 2815c down 0
Speenkalf (lewend) 1583c 1552c down -2
Skaapvleis A2/A3 4428c 4430c down 0
Varkvleis (gem. prys) 1766c 1774c down 0.5
Braaikuikens 1483c 1512c down 2

Aandele

Pricecheck Flights